Drie vas oor 18 skaapkarkasse

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie in Grahamstad het drie verdagtes in hegtenis geneem nadat 18 skaapkarkasse agter op ʼn bakkie gevind is.

Volgens die polisie het lede van die Grahamstad-hoofwegpatrollie ʼn voertuigkontrolepunt op die N2 opgestel. Beamptes het ʼn Corsa-bakkie wat in die rigting van Port Elizabeth gery het van die pad af probeer trek.

Die bestuurder van die bakkie het weggejaag en beamptes het die bakkie agternagesit. Twee verdagtes wat agter op die bakkie gesit het, het in die ry van die bakkie afgespring en in ʼn veld verdwyn.

Beamptes kon daarin slaag om die bakkie sowat 11 km van die kontrolepunt tot stilstand te dwing. Die bestuurder en twee insittendes het glo probeer vlug, maar beamptes kon daarin slaag om hulle in hegtenis te neem.

Altesaam 18 skaapkarkasse is agter op die bakkie gevind. Die drie verdagtes, tussen 40 en 47 jaar oud, sal binnekort in die Grahamstad-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde vee. Die waarde van die vee word op sowat R27 000 geraam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

KarooKlong ·

Puik gedoen, aan die beamptes alle eer vir julle moeite.

Scalla ·

Die vyf diewe gaan seker se hulle was honger, hoop hul boet vir hul dade, net jammer hul gaan vandag bail kry, goed gedoen deur die polisie

Boerin ·

Shame, ja, natuurlik was hulle net honger. Julle moet by ons kom kyk hoe word wild en bees in strikke vermoor! Dis n hele besigheid….en die polisie eet saam. So geen arrestasies, al weet almal wie dit doen. En glo my, dit sal nie beter gaan nie!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.