Drie vas oor 40 ernstige en gewelddadige misdade

(Foto: SA Polisie)

Drie verdagtes, tussen 20 en 33 jaar oud, is in Limpopo in hegtenis geneem en word verbind met meer as 40 sake, waaronder verkragting, gewapende roof en inbrake.

Die verdagtes het glo lede van die gemeenskap in die Vhembe-distrik geteister en spesifiek studente aan die Universiteit van Venda en Vhembe TVET-kollege.

“Die verdagtes, inwoners van Phiphidi en Vondo in die Thohoyandou-polisiëringsgebied, is in hegtenis geneem tydens ʼn gesamentlike misdaadintelligensie-operasie,” het kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Lede van die gemeenskap het ʼn wenk ingedien oor verdagtes wat verlede maand by ʼn gewapende roof betrokke was.”

Die voorlopige ondersoek het die verdagtes daarna met verskeie sake verbind en hulle is vermoedelik deel van ʼn sindikaat wat studente aan die twee instansies teister.

“Die verdagtes kan moontlik aan nog soortgelyke sake verbind word aangesien die ondersoek voortduur,” het Ngoepe bygevoeg.

Hulle sal na verwagting binnekort in die Thohoyandou-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Casper ·

Om hemelsnaam geen borg asseblief.Mense se lewens kan in gevaar wees as hulle borg kry.Hulle is gewetenlose misdadigers en het geen respek vir ‘n lewe nie.

Saartjievandiebosveld ·

Die polisie wat hulle werk doen…kry ek baie jammer. Want hulle gaan met borg vry gelaat word…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.