Drie vas oor Amy-Leigh se ontvoering

Amy-Leigh de Jager (Foto: Facebook)

Die polisie het twee vroue en ʼn man in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van die sesjarige Amy-Leigh de Jager.

Amy-Leigh is Maandag voor haar skool, Laerskool Kollegepark, uit haar ma se arms gegryp en ontvoer. Sy is die volgende oggend ongedeerd gevind.

Volgens brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, is die drie verdagtes gisteraand by hul huise in Vanderbijlpark in hegtenis geneem. Twee vroue, 27 en 40 jaar oud, en ʼn 50-jarige man is deur lede van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in hegtenis geneem.

Naidoo het gesê een van die vroue wat in hegtenis geneem is, is bekend aan Amy-Leigh se familie. Die drie verdagtes is tans in aanhouding en sal na verwagting môre in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn.

“Ek prys die onwrikbare verbintenis wat die ondersoekers en lede van misdaadintelligensie in hierdie saak getoon het,” het genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, gesê. “Hierdie lede het onverpoosd gewerk sedert Amy-Leigh se ontvoering aan ons gerapporteer is en sulke toewyding is baie bemoedigend.”

Volgens Naidoo is die polisie seker dat hulle die drie hoofverdagtes in die saak in hegtenis geneem het en kan die inhegtenisneming van nog verdagtes nie uitgesluit word nie.

Daar is vroeër berig dat vier mans Maandag omstreeks 08:00 met klein Amy-Leigh in ʼn wit Fortuner weggejaag het. ʼn Grootskaalse ondersoek is binne minute ná die voorval van stapel gestuur.

Die polisie het Dinsdag in die vroeë oggendure bekend gemaak dat die dogtertjie ongedeerd gevind is. Sy het ook ʼn mediese ondersoek ondergaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

137 Kommentare

Nel ·

Ek stem saam genl. Sithole, baie geluk -dit was puik speurwerk. As julle so kan volhou is daar voorkant toe lig in die tonnel vir die SAPD.

Wonder net ·

Ek dog dan die 4 mana het haar ontvoer nou lees ekn2 vrouens en 1 man?

Joe ·

en dié is nog net die begin, die volle waarheid gaan nog uitkom.

Jessica ·

Ja ek stem saam, daar is ‘n slang in die gras hier, ma en pa het seker iets gedoen vir dit wat hulle gedoen het aan die klein dogtertjie. The truth will come out.

Jaco ·

Joe is reg, ek het berigte gesien wat neerkom op wees reg om geskok te word soos die ondersoek voortgaan en meer inligting vrygestel word.

Ane ·

Wonder net. Daar is gewoonlik n groot kop wat alles reel en die 4 swart mans was net gehuur om die vuil week te doen!! Soos in die flieks, jy weet????

LevelHead ·

Obviously het die dames dit help beplan – dit beteken nie hulle het Amy ontvoer (fisies) nie. As hulle by die skool werk en ‘n naby familie lid is, het hulle inligting aan gegee aan mans wat bereid was om dit deur te voer. Almal kry mos ‘n share van die ransom. Wow, kan nie glo mens moet dit uitwys nie.

Lizelda ·

@Cherokee… dit sou baie gemeen v my wees om dt eergister of gister te se…maar nou dat n juffrou betrokke is. Ouers wat volgens ER24 se vitals en BP rate normaal was… die getaway car n Totota Fortuner. Die ontvoerders wat d kind in n straat naby n hotel afgelaai het en 2 mense wat toevallig 02.00 die oggend bd kind afkom… nope. Een en een maak gewoonlik 2. In die geval beslis nie.

Wonder ook ·

Ja Joe…ek get n goor gevoel oor die storie. Maar sal liewer nie uitbrei nie

Annelize ·

Ek stem, ons hare gaan nog orent staan as hierdie knoeispul ontknoop gaan word. Volgens ander media berigte, is een van die vroue ‘n onderwyseres by Laerskool Kollegepark.

Hier gaan meer aan as wat die bree publiek van weet. Maar wag, benoude katte maak benoude spronge, erens gaan iemand begin sing om sy/haar eie stert te red, en dan gaan ons oe rek. Mark my words, mark them.

Hendriena ·

Crime Thriller SA – Season One Episode One. Hierdie is wraggies nes ‘n fliek. Ek wonder ook oor die paartjie wat “karloos” is en toevallig wakker was. Bly ook loopafstand van die polisiestasie, kon toe gelukkig sommer gou daar uitkom. Iemand het bang geraak vir die komplikasies …

Andre ·

Great werk deur die SAPD… darm nie net altyd negatief nie

Wonder ook ·

Ek hoop en bid my gevoel oor wie nog betrokke is…is verkeerd!!????????

Duifie ·

Baie geluk en baie dankie aan die betrokke polisielede én enige ander bystand aan die familie! Ek dank die Here dat Hy hierdie kindjie beskerm het ????????????????

Spook op thaba ·

Nou ja daar het jy dit. Mag die leunstoelspeurders nou ontspan

Johann ·

Wees waaksaam oor wie jy jou kinders mee toe vertrou. TRUST NO ONE…veral nie die wat jou kom en gaan ken nie. Maak hulle self af as betroubaar, en dan slaan die ware kleure deur.

Joe ·

Die Here en die Polisie en ‘n hele klomp mense – ons moet biekie mense ook hier erkenning gee, genade!

Deon ·

Ek het nou pas ‘n Wapp stemboodskap gekry waar die pa vd onderwyseres iemand skakel en sê dat sy dogter verantwoordelik was omrede sy geld benodig vir dwelms!

Rina ·

2 Vrouens en n man is gearresteer, wat het van die 4 mans geword wat haar gegryp het?

Right said Fred ·

Die ondersoek is nog aan die gang en ek glo daar gaan nog arrestasies gemaak word.

Right said Fred ·

Die ondersoek duur glo nog voort – so ek heelwaarskynlik sal nog arrestasies gemaak word.

Rina ·

Hulle sê dat nog arrestasies nie uitgesluit is nie, en dit is ook bevestig dat die dogtertjie se familie niks met die ontvoering te doen gehad het nie . Ek glo dat daardie juffrou en haar mede kriminele gedink het om vinnig n paar miljoen te maak – maar sy het nie met die krag van gebed deur die land sowel as sosiale media rekening gehou nie. Daar is so groot ophef gemaak dat hulle dit nie kon waag om erens met die kind gesien te word nie. Ek is net so dankbaar sy is veilig en ongedeerd terug by haar mamma en pappa en boetie.

Manie van Worcester ·

Wel druk van publiek laat darm tog polisie lewe kry, baie bly daaroor. As howe nou ook net saamwerk en ordentlike vonnis ople

Anni ·

Sě net Dankie, munie altyd negatiewe goed oor di polisie sě ni asseblief.

lynette ·

Die foon wat woorde so verander!!!! Moet wees : rot geruik het

Elize ·

Ek is nie n speurder nie, maar my instink sê hier is beslis n slang in die gras. Mag die waarheid seëvier, want n onskuldige pragtige ou dogtertjie was betrek gewees in hierdie (wat ek dink) grootmens saak.

FC ·

Ek het gehoor een van die dames is ‘n onnie!! Hoop nie dis waar????

Sê maar net ·

Jong, niks verbaas my meer nie. Ons het baie Wolwe in Skaapsklere in hierdie siek wêreld

Ampie ·

Jyt die spyker op sy kop geslaan FC. ‘n Onderwyser is betrokke

anoniem ·

Op ander nuus blad se hulle dit is die onderwyser – maar vir die boetie blykbaar

Net ekke ·

Ja sy is my kleindogter se gr RR onderwyseres… ‘n Mens kan niemand meer vertrou nie!

Erika ·

Dit is haar boetie se juffrou!! Dit is bevestig op ander nuuskanale.

Pottie ·

Dit is lekker om te sien daar is nog manne wat trots is op hulle werk ons is trots op julle wens daar was meer van julle

Niklaas ·

Laat ons maar net hoop dis nie die begin van ‘n nuwe tendens om geld met misdaad te maak, soos ontvoerings en die eis van lospryse nie. Motor skakings was onbekend toe ek ‘n tiener was en eers in die jongste moderne tye het ons te make gekry met iets soos rekenaar bedrog. Dis hopelik net ‘n geisoleerde geval hierdie.

Anoniem ·

Ai tog hoe naïef, het hulle nou gedink hulle gaan daarmee wegkom ? Fooitog

Blommie ·

HOEKOM moet die kinders altyd ly deur grootmense se nonsens. LOS di kinders uit die grootmense se gemors uit.

jakes ·

Welgedaan polisie. Klink soos n sepie. Wat mense nie alles sal aanvang vir geld nie. In meeste gevalle los kriminele leidrade wat eindelik tot hul val lei. Hoop hulle sit lank.

Spook op thaba ·

Nou ja daar het jy dit. Mag die leunstoelspeurders nou ontspan

Lappies Maleoskop ·

HaHa, Spook, goed gestel.

Dankie tog sy is veilig en aan God alle eer.

Ig ·

Baie geluk aan die speurders, work well done, nou moet hulle net goed gestraf word sodat nooit weer aan n kind sal raak nie. Handig hulle oor aan die publiek!

Antoinette ·

Watter tipe monster los ‘n klein dogtertjie in die middel van die nag in ‘n vreemde straat. Ek hoop hulle sit tot in lengte van dae. Geluk aan almal betrokke wat hulle vasgetrek het. Puik werk.

Nel ·

Antoinette, baie keer die ‘tipe’ wat hulle as ‘n engel van die lig voordoen…

Lizelda ·

@Antoinette…ek koop nie d storie vd paartjie wat TOEVALLIG op dieselfde tyd, dieselfde plek as waar Amy afgelaai is sonder n kar net daar aangekom het nie. Kom ons wag en kyk vd SAP om hulle speurwerk te voltooi. Dalk is die paartjie daar “geplant”. Dalk is d skakel tussen d mense wat haar afgelaai het en d paartjie wat haar toevallig gevind het groter as wat ons weet.

Johanna ·

Dankie Here. Kwaaddoeners en misdadigers mag nie ongestraf bly nie.

AI ·

Ek hoop os word op hoogte gehou oor wat aan gaan met die saak en ons die hele storie kry. Dit gaan seker nou weer dood loop. Maar well done julle vir eens is ek trots op dit wat julle gedoen het.

Jaco ·

Ek het baie min gese en net gelees.
Van Dinsdag wat sy veiling gevind is( ek is ook n Christen en ek glo werklik God het Sy hand oor haar gehou en ek is saam almal dankbaar) het ek begin dink iets klink nie lekke nie. Ek se ALMAL wat betroke was by die boose daat moet gestraf word.

Martin ·

Nou gaan dit weer aan rassisme gekoppel word. Hoe kan ‘n blanke dogtertjie so vinnig opgespoor word……..?

Lizelda ·

Dankie Francois! So dis nie net ek wat so groot vraagteken het nie?

Jessica ·

I wonder who will write the book for the abduction of this child, would love to buy it once it’s out, just like Mykala Hunter i have the book

LB ·

Martin, het jy al gesien hoe vinnig n blanke aangekeer word. :) ons laat n duidelike spoor.

Nel ·

Ek glo nie die polisie het geweet dit was blanke ontvoerders nie en die speurspan wat op ‘n FB video oor die inhegtenisname gepraat het was almal blankes ouens gewees…?

Geweet ·

Ek het geweet iemand wat so gemaklik dit waag om ‘n kind voor ‘n skool te gryp, nogal by haar mamma, moet die gesin ken op een of ander manier.
My grootste wens is dat daar so onverpoosd ook na al die ander verlore kinders gesoek sal word.

Ydej ·

Dis haar eie Juffrou en familie vriendin….So wat , is ons kinders nou nie meer veilig by skole en vriende

Gaitsigubib ·

Meen jy dat hulle net die kind tydelik moes oppas en later sou terugbesorg teen n gedeelte van die losprys? Ek luister so na julle maar se liewer niks. N stil bek is mos n heel bek!

Stuiwer ·

Dis fantasties dat die skuldiges so vinnig vasgetrek is. Dit wys net dit kan gedoen word.

alwyn burger ·

Het die ma dan nie die ontvoerders herken nie? Was hulle gemasker?. Die ontvoerders en die slordige joernaliste verdien die karwats

Lizelda ·

@Leon want hierdie ontvoering was te amateur agtig plaasmoorde is heeltemal anders.

Tammy ·

GEEN BORG, GEEN BORG, hierdie is siek mense, siek tussen die ore, die gemors wat sulke goed aanvang. Lewenslange tronkstraf sodat niemand verder deur hulle skade berokken word nie. Verwyder hulle asseblief uit die samelewing en begin so om die wereld te reing van al die gemors!!!!!!!

Francois le Cochon ·

Lyk my hier is meer as 4 mense betrokke. Dit sal my nie verbaas as die paartjie wat tot die redding van Amy-Leigh gekom het, en haar na die Polisie geneem het, ook deel is van die spul nie..

marietjie ·

Waar Francois mense slaap half drie in die nag, maar blykbaar nie almal nie.

Lizelda ·

Dankie Francois! So dis nie net ek wat so groot vraagteken het nie?

SonjaM ·

Vanselfsprekend het die dogtertjie mos gepraat en vir hulle vertel wie dit is wat haar gevat en aangehou het. sy is al groot genoeg om te sien en praat en dis hoe hulle gevang is …

kolla ·

Een van die wat gearresteer is, is die onderwyseres van haar boetie by dieselfde skool. Kan jy dit nou oorvertel. Totsiens vir haar loopbaan, skande.

Michael P ·

Hoekom kan ons nie hulle gesigte sien nie die wereld moet sien hoe lyk die monsters wat daardie pragtige dogtertjie so bang gemaak het Groot mense is al bang om in die nag buite te wees nou hoe moes daardie arme kind nie gewees het nie

Nivea ·

In ‘n ander berig staan dit dat die 1 verdagte ‘n onderwyser by die skool is????? jou kinders is nerens meer veilig nie, maar die storie raak al hoe meer interressant.

Wonder ·

Ek wil net bevestiging hê….rumors in ander nuus loop dat een van die vroue wat inhegtenis geneem is….die jonger boetie se juffrou is…….Is dit korrek?????

Tammy ·

Verwyder die ontvoerders en meelopers asseblief permanent uit die samelewing , voordat nog normale mense se lewens opgemors word en nog kinders lewenslange skade kry!!!

Sproetjies ·

Dit klink soos “inside information. Die klomp skuldiges weet iets wat ons nie weet nie.

Lizelda ·

@Sproetjies… of dalk weet ons, maar ons is te bang om dit te se…

Suzelle ·

Het die wat so vrae oor hoe is dit nou skielik ander mense en nie 4mans nie… Al gedink dat die 2vrouens en 1 man die brein agter alles is wat die 4 mans gehuur het om deel te wees??
Eks baie trots op die polisie, die speurders en veral die land wat as 1 saam gestaan het met gebed, weereens het ons Grote God ons bewys daars krag in sy naam! Well done SA!

SoosDitIs ·

Dat dit nou mense is wat die familie ken. Dis vieslik man. Mag julle so ver weg toegesluit word dat die duiwel julle eers oor 100jaar vind.

SAPS, knap gedaan. Nou moet die res van die vermiste kinders ook net soveel aandag kry dat hulle ook lewend en dadelik gevind word.

Janneman ·

Ons kan seker maar verwag dat die slimjanne wat die pa so openlik beskuldig het dat hy betrokke was , hom om verskoning sal vra?

$ ·

Ek wil presies dieselfde weet, Jaco – ek hoop almal wat die arme ouers in hul donkerste uur so met klippe gegooi het, kry skaam en vra opreg om verskoning.

SARIE ·

Hierdie is n storie wat die hele land aangegryp het, almal was bitter hartseer en het heeltyd gebid, dankie Jesus dat hierdie onskuldige dogtertjie veilig terug is waar sy hoort. Watter teleurstelling om te hoor dat mense na aan haar verantwoordelik was vir haar trauma en hartseer….. weet julle wat julle aan hierdie dogterjie gedoen het…. pla dit julle enigsins? mag julle wat skuldig is aan hierdie afskuwelike daad nooit weer julle oe toemaak om te rus nie….. besin oor wat julle gedoen het en was dit alles die moeite werd? Mag die Liewe Vader julle vergewe …….

#my mening maar irrelevant ·

Janneman en Jaco, ek voel presies dieselfde oor die slimjanne wat wragtig dit suggereer het!!!!! Ons sit met ‘n samelewing wat teer op nare aantygings en vir wie die lewe soos ‘n “TV-sepie” verloop. Ek het gister soveel kommentare gelees wat tusse n die lyne siek aantygings gemaak het. Almal dink hul weet…..wie dink hul IS hul om as buitestaanders te wil oordeel. Dit laat my siek voel.. God se wonderwerk-ingrype word deur al hierdie mense se nonsens nie die nodige eer gegee nie. God is die Een wat die liewe kindjie met sy teenwoordigheid omring het sodat die siek ontvoerders voor Sy teenwoordigheid moes ingee. Ek glo dit met my hele hart. Krag van ‘n nasie se gebed

Cornelia Durant ·

Als vir bose geld.So Hartseer.Hierdie gaan baie dinge oopvou.Ons Hare gaan reg-op staan

James ·

Ek sou die skool dagvaar en vir Lusifi ook- daar was obviously nie oordentlik nagegaan op die onderwysers se geskiedenis nie .
So dagvaar hulle!
Ek sou!
Al manier hoe ‘n mens leer.

Sam ·

Jy sou nie wen nie aangesien die Juffrou geen vorige oortredings het nie.

Annelize ·

Ja, jy stel ‘n heel eerbare persoon aan, en erens langs die pad ontaard die persoon. Gewoonlik van die wat jy dit die minste verwag.

$ ·

Kan julle jul indink hoe ontnugter die skoolhoof, onderwysers en ander personeel, ouers en selfs kinders is? Die skool is vir ´n tweede keer in skok en rou hieroor …

blouapie ·

lesooofie vertel dit IS veilig by alle skole??????

Word wakker dit is die NUWE sa!

nou toe! ·

Die kan n netwerk van mense Handel wees! Die polisie moet bietjie meer skelm ondersoeke by skole doen na onderwysers se agter grond! Die is duidelik mense wat met vorige verdwynings van kinders en dalk selfs jong vroue en mans te doen gehad het! Hulle is nie eerste oortreders nie!

Bossie ·

Ek is briesend dat die hele land deur hierdie spanning rakende ‘n kind se ontvoering gesit is. Veral in tye waar daar elke dag kinders ontvoer, verkrag, gemartel en vermoor word. Kleur maak nou wragtag nie saak nie. Alle mense oor kleurgrense bid vir almal se kinders wat wegraak. Baie mense se reaksie was dat wat sal hul nog van die blankes wegneem en daar wel ‘n baie sterk gevoel van haat op. En toe is die meesterbrein blank! Dit is pateties. Julle is’ n skande vir die samelewing. Tans is daar ouers wat se klein kindertjies soek is en wat se harte stukkend is en wens dit is hulle klein mensie wat gevind is. Ek kan my nie voorstel hoe hul moet voel nie. Behoede julle skuldiges. Jul moenie verbaas wees oor hoe die res van JULLE lewe gaan verloop nie. Hierdie was soos misdaad teen die mensdom. Julle beter maar agter daardie tralies bly want julle is nie baie gewild nie. Nee my hel man!

Bella ·

Een intelligente kommentaar! Dankie Bossie. Dit is ook my probleem met die situasie. As mense net die basiese konsep wil verstaan mag dinge net beter gaan!!!!

Heksie ·

nou sit al daai ander voor hulle rekenaars en laptops en tablets en phones ens.. wat gese het ons moenie ons eie afleidings maak nie, toe wat nou, so baie het gese daar is n slang in die gras tot Stefan die familie lid se note is mis gekyk maar nee ons mag mos nie spekuleer nie . sommige nog gese… sies vir julle los die familie moenie nou afleidings kom maak nie. nou loer die slang en sy kop lig hy al opper !!!

Rina ·

Heel moontlik aspris misgekyk,want hy het iets genoem wat hul ook in gedagte gehad het; nie hardop wou sê nie, want hul vorige comments sou dan weerspreek word!

VanAfrika ·

En waar is daai wat gesê die pa is betrokke, absolute snert!!!! Geen ondentlike man sal in sy gesonde verstand dat vier vreemde mans met sy onskuldige dogtertjie rondry nie en dit vir geld wat hom nêrens gaan bring want R2 000 000 beteken niks in vandag se lewe.

Catherine ·

Hou op bespiegel. ….. Kom ons wag vir waarheid. Heel moontlik word verkeerde mense oor bespiegel. Mens is so vinnig om te oordeel. Think of parents, family and little girl

Ella ·

Maroela julle het gister my kommentaar oor foto’s van kinders verwyder. Dit bly my standpunt: gepoleerde foto’s, soos, at tot dusver met elke berig geplaas is, stel kinders bloot vir uitbuiting en aansporing van mense met kwade bedoelings.
Ouers moet bewus wees van hoe sulke foto’s bekyk word.
Hierdie kind was “gemerk” soos baie kinders op sosiale media. Dis net n genade dat sy terug is by haar ouers.

Spook ·

Ella ek stem ek is nie op FB nice oor die rede… Dit lok onnodihe aandag op jou en jou kinders

CHAPPIES ·

Nou stirrrrr die spul nuuskierige agiesss, busy bodiesssss en gissende gelowigesss weer te lekkerrr…!!!!
Ag,siestog…DAREM iets om die bemoeisiekes en sleutelbord speurders BESIG te hou vir n rukkie!

Antoinette ·

Sal Maroela Media asb vir ons wanneer die volle waarheid uitkom inlig daaroor dis al waar ons nie fopnuus kry

waarheid ·

Dagvaar die LUR – Dit se mos dit is veilig by skole!
Dagvaar hom!
Was hy al by die skool om gesig te wys? Nee – want die kind is wit.

Bella ·

Jy het vergeet om by te se: “dagvaar” die rook uit hulle…

Engela de Klerk ·

So, you have a dispute with someone and then you just kidnap their child! Severest punishment should be their fate, regardless of the circumstances!

Lizelda ·

Ja, @Jakes ons (selfs ek) kan bja kla oor die SAP maar een ding is seker hulle is nie dom nie. Ek dink vd begin het die Polisie gesien… hierdie is nie jou normale ontvoering nie. So dankie vd SAP.

thelsa ·

Dit is nie fopnuus nie. Die Juffrou wat betrokke is, is bekend aan my. So ook haar hele familie. – ouers en grootouers aan biede kante ens. Die juffrou was klaarblyklik die ‘brein’ agter die ‘ontvoering’. Die kleuter het self die naam van die Juffrou genoem tydens ondervraging want sy het haar goed geken. And the rest still needs to be told . . . . .

Sê Maar Net... ·

@waarheid, hy was by die skool die dag toe dit gebeur het…

Ekke ·

Daar 8is so baie mense by die ontvoering betrokke. Wonder hoe het hulle gedink hoe ver gaan hulle kom met R2 miljoen… net om gevang te word! Nee dankie, ek bly liewers ‘n gewone salaris trekker en spartel voort om aan die lewe te bly.

Gesiggie ·

Ja nee beslis is daar iewers iets wat nog moet uitkom, nou verstaan mens hoekom sy geskreeu het toe die kar vir haar weg ry? want sy het die persoon geken wat in die kar was? en gedink of gevoel sy is veilig….net baie verlig sy is veilig . Die waarheid sal uitkom ons kan maar wonder en wag.

ag-nee ·

Nou sê bietjie vir my “baasspeurder” Gesiggie WAAR kom u nou daaraan dat sy sodanig “agter die kar (en sy insittendes) aan geskreeu het”??? As ek so klein was, sou ek moord geskreeu het net oor die feit dat ek in die middel van die nag in ‘n onveilige straat agtergelos is. Daardie kind is 6 jr en is al hierdie gevare op skool en tuis geleer. As onderwyser (volgens vorige kommentare mos wederegtelik as onbetroubaar en omkoopbaar beskryf) vertel en waarsku ons elke dag ons kinders teen nare grootmens optredes. Sy was angsbevange en sou agter enige lewende siel aan skreeu. Sy was al erg getraumatiseer. En ‘n laaste iets wat my nou erg die joos in maak: een vrot, siek onderwyser met walglike intensies (verstaan moontlike dwelms ook ‘n dryfveer…..ekt egter nog geen polisie verklaring daaroor gesien nie) kan WRAGTIG nie nou ‘n donker wolk van suspisie oor derduisende ander van ons laat hang nie. Ons onderwysers is al vuisvoos van alles wat die afgelope jare aan ons menswaardigheid gedoen is. Daardie juffrou verteenwoordig NIE die res van ons as wetsgetroue liefdevolle onderwyserskorps nie. Dis deesdae ‘n baie ondankbare werk en hierdie kommentare vat aan mens.

Wonder ·

Het by iemand verneem dat dit nie die eerste keer is dat kinders by die skool verdwyn nie. Nou wonder ek baie dinge …. maar gaan liewer niks sê nie

charmaine ·

Hulle moet sommer vir die juffrou vra of sy die krag by die skool die vorige dag afgesit het sodat die skool se kamera’s nie gewerk het nie. Dink net hoe skaam en verneder moet juffrou se familie wees sy sal nooit weer werk met kinders of naby kinders mag kom en het nou met al die moeite vir haarself n rekord gemaak as krimineel. Ai juffrou nou word jy getik oor die vingers!

Abe ·

Antoinette,
Ja, MM hou ons asb. ook op hoogte van alle ander belangrike sake soos Xander Bylsma en Koos Strydom s’n.

Barend de Beer ·

Die kind se lewe verwoes vir wat. Drugs hulle almal moet toegesluit word, erens in ñ ander land maar aparte tronke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.