ʼn Derde persoon is Maandag in hegtenis geneem vir die moord op ʼn bejaarde egpaar, Toon Swanepoel (72) en sy vrou Rienie (70) van Kwaggakraal-plaas naby Bainsvlei in Bloemfontein.
“Die polisie het vroeër ʼn wenk ontvang oor ʼn verdagte voertuig in die gebied,” het kapt. Harry Nagel, woordvoerder van die polisie, Maandag in ʼn verklaring gesê. Nagel het Maandagmiddag telefonies die name van die slagoffers aan Maroela Media bevestig.
Maroela Media het vroeër berig twee verdagtes het die polisie na die twee liggame gelei wat naby die plaas by Waaikraal gestort is. Die egpaar is vroeër doodgeskiet in ʼn rooftog waartydens ʼn televisiestel, vuurwapens en die bogenoemde voertuig gesteel is.
Die twee verdagtes, tussen 20 en 25 jaar oud, is vroeër Maandag in hegtenis geneem. ʼn Derde verdagte, 19 jaar oud, is later by Kelly’s View in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op van die gesteelde goedere, insluitend die televisiestel en ʼn vuurwapen.
Die verdagtes sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van moord en roof.
Lt.genl. Simon Mpembe, provinsiale kommissaris, het intussen sy hartseer uitgespreek oor die afsterwe van die Swanepoel-egpaar en ʼn weduwee wat Maandagoggend op haar plaas naby Theunissen in die Vrystaat vermoor, voordat haar huis met haar liggaam daarin, aan die brand gesteek is.
Mpembe het die polisiebeamptes en lede van die plaasgemeenskap vereer vir hul samewerking en die spoedige inhegtenisneming van die verdagtes van die Bainsvlei-moorde. Hy maan die plaasgemeenskap om meer betrokke te raak by landelike veiligheidsinisiatiewe.
Lees alle vorige berigte oor plaasaanvalle op Maroela Media.
Hierdie berig wek die indruk dat die Theunissen verdagtes in hegtenis geneem is, omdat dit in dieselfde paragraaf staan. Sover ek weet is hier nog nie arrestasies gemaak nie.
Dagsê Marieta
Ons vra om verskoning indien die berig verwarring veroorsaak het. Ons het wysigings aangebring en hoop dat dit nou duideliker is.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Dit is, baie dankie.
Eerstens my innige simpatie met die naasbestaandes. Tweedens,die huis is op TV. gewys,ek kon geen diefwering of enige ander veiligheidsomheinings sien nie. Ongelukkig sal alle Boere moet besef dat hulle veiligheidsmaatreels moet aanbring. Die ander probleem is dat oumense weier dikwels om op dorpe te gaan bly, en bly dus op `n ouderdom van 60 plus alleen op die plase.
Dit is vir moeilikheid soek.
Dit is mos jou eindom, moet ons in tronke bly, wat soek die booswigte in elk geval daar, wettelose land!
Ek dink nie dit is altyd finansieel maklik om jouself te beveilig nie, en al probeer jy hoe om jouself te beveilig , as booswigte wil in kom om te moor en steel sal hulle. Mense wat groot geword het, lewe lank op plase gebly het, en nou op hierdie ouderdom dit moet verlaat, is sielkundig nie maklik nie. Regering moet net begin voorbeelde maak van die moordenaars.
Op die stadium is slegs ons ABBA Vader ons sekuriteit vir veiligheid.
Ons sit agter tralies en in tronke. Die booswigte loop vrylik buite rond.
Ons sit agter tralies en in tronke, en booswigte loop vrylik buite rond
So pas mense met duurste en beste sekuritie gesien wat se huis geplunder is deur diewe. Niks keer hierdie gemors wat die ANC geskep het nie.
Elke liewe dag hoor ons van net nog meer moorde! Wat word v hierdie pragtige land van ons…n regering wat geen waardes en lewe respekteer nie….dan sou hul lankal meer drasties opgetree het…maar steel en korrupsie is nr 1 op die lys! Nee wat…dit gaan net nog erger raak…ons moet ons self maar agter slot en grendel beskerm en bid ! Ons volk word uitgemoor en ons kan niks teen 60 miljoen meer as ons doen nie….alle simpatie met al hierdie slagoffers se families…