Drie vas oor bejaarde se moord

(Foto verskaf aan Maroela Media)

Drie persone, twee mans en ʼn vrou, is in hegtenis geneem in verband met die moord op die 85-jarige Hetta Potgieter.

Potgieter se liggaam is op 9 Julie in haar selfsorgeenheid by die Macadamia-versorgingsoord in Nelspruit in Mpumalanga gevind. Haar hande was vasgebind en daar was ʼn voorwerp om haar nek gebind.

Albert Gryvenstein, bedryfsbestuurder van Bossies Community Justice (BCJ), wat ook by die inhegtenisneming betrokke was, het aan Maroela Media bevestig die drie persone is in Krugersdorp in hegtenis geneem. “Goeie speurwerk deur die polisie het tot die inhegtenisnemings gelei,” het hy bygevoeg.

Maroela Media verneem daar is R10 000 kontant van Potgieter gesteel. Sy het die geld by haar gehad om haar maandelikse betalings mee te doen.

Die polisie is Saterdag op pad na Nelspruit met die verdagtes en hulle sal Maandag in die landdroshof in Nelspruit verskyn.

“Spesiale melding moet gemaak word vir lt.kol. Erhard Stroh en sy span wat verseker het dat die verdagtes aangekeer word,” het Gryvenstein bygevoeg.

Die drie verdagtes word moontlik ook verbind met ander rooftogte in die omgewing. Dit sal deel vorm van die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

leser ·

vertroosting word vir haar familie toegebid
“good show” vir die span speurders en die wat betrokke was by die inhegtenis nemings
nou vra jy jouself af, wat was die motief en was dit regtig nodig, ‘n 85 jarige kan haarself nie teen drie verdedig nie
geld was sekerlik weer die oorsaak

Wonder net ·

Dis baie hartseer. Ongelukkig ja . Dink ook geld was enigste motief. Sonder om in ag te neem die pyn wat aan die naasbestaandes verorsaak word nie

Tienie Gouws ·

Ek wil ook net my innige meegevoel vir daardie familie se hulle maar sterk wees in die droewige tydperk en die Here waak oor julle sterkte vir die familie

Leser ·

Die arme familie. Dankie aan die flinke optrede van die polisie. Hoop net die skuldiges word behoorlik gestraf.

Adri ·

Volgens die foto is dit blankes! Dit is verskrikiulik as ons mense nou al bejaardes begin vermoor! Simpatie aan die familie.

Rietta ·

Sjoe ek is bly oor die foto. Ek hoop die mense wat ander goedsmoeds a.g.v. ras / ouderdom / geslag sommer net vertrou sien dit. Ek probeer al lank waarsku.

Sloet ·

Hoekom is jy verbaas dat dit “blankes” is?
Asof witmense nie kan moor nie…
Jy volg die nuus obviously nie.

Haan ·

Wat maak dit saak? Wat maak die uitwendige saak as die binneste vrot is? Ek verafsku die feit dat hierdie mense nog die asem mag inneem wat hulle van n ander geneem het.

Sarel ·

Wag maar die tyd om vir meer inligting voor kommentaar sqal lewer. Maar lyk maar bietjie verdag vir my. Was hulle dalk aan haar bekend?

Bekend ·

Sarel; in die vorige artikel word daar beweer: “Dit lyk nie in dié stadium of daar gedwonge toegang tot die eenheid was nie”, dus het sy hul óf geken, óf sy het hul vertrou vanweë hul voorkoms.

Nina ·

Dit is ‘n skreiende skande! My gebede is met tannie Het se familie!

Lorraine ·

So jammer dat n bejaarde mens wat so weerloos is deur so n wrede dood moet gaan. Daai wit mense is die skuim vd aarde om so daad te pleeg Sulke dae wens ek die doodstraf ksn terugkom

Sus ·

Dalk is ‘n oorvol tronksel vir baie jare erger as die doodstraf! Hoop die robbies kry die swaarste straf.

Frikkie Geld en huis ·

Daar is sleg mense – en goeies – in alle rasse.

Arno ·

Vergeet kleur. Moordenaars is moordenaars en moet gestraf word. Bring terug die you.

Lynette Schultz ·

Ons wil nie kleur vergeet nie, want daar is ‘n persepsie daar buite dat ons anderpad kyk as kriminele blankes is. Dit is nie waar nie. Hoop hulle kry swaarste straf denkbaar vir sulke wreedheid! Om ‘n weerlose mens so te vermoor verdien eintlik die doodstraf!

Jennie ·

Wat laat jou so dink? Twee doodskis skrikmakers kry 16 jaar maar plaasmoordenaars loop vry rond .wat laat enigiemand dink blankes word nie gestraf nie? Ek stem saam dat hulle die grootste swaarse straf moontlik moet kry. Die probleem is net die enkele gevalle van blankes word uitgebuit om die duisende ander misdade te probeer verbloem, as ons praat van 4000 plaasmoorde, dan praat hulle van daai een wit ou wat sy familie geskiet het en moenie van arme Oscar vergeet wat kort kort opgehaal word nie . Julle lees nie eers van familiemoorde in plaaslike gemeenskappe nie, maar onder die blankes is dit altyd voorbladnuus.

Msp ·

My gebede gaan uit na die naasbestaandes. Skokkend om te sien wat ek op foto sien. Een ding weet ek sonder twyfel, hulle gaan bid hulle was nooit gebore nie. Dit was een van my vriendinne se beste vriendin. Volgens haar was die tante ‘n mens wat net liefde geken het. Ek dank God die kriminele is gevang. Dankie vir almal wat betrokke was om die skuim uit die samelewing te verwyder.

Ongelukkig ·

Sluit toe, gooi die sleutel weg. Hoe siek moet ‘n mens wees om dit aan enige iemand te doen. Skorriemorries!

Hann ·

Adrie – die skuim van die aarde…is nie “ONS ” mense nie. Vel kleur bepaal NIE of jy n krimineel is nie.

Boerseun ·

Ek verskil van jou, velkleur is nogal bepalend vir kriminaliteit. Kyk maar na die RSA asook Amerika.

Oujongvrou ·

Sarel jy hoef nie vir meer inligting te wag nie. Die foto is van blankes. Dis wat my kinders toe hulle jonger was spanners en tappits genoem het. Rietta jys reg. Mens kan nie eers meer jou eie mense vertrou nie. Dis n siekte in hierdie land. Moor en moor voor die voet. Vir n selfoon of paar rand. Lewens maak niks saak nie. Bring terug die doodstraf en die eerste een wat swaai, dan sal hierdie regering sien hoe vinnig dit stop.

Koos ·

Dis nie net arm of swakker tipe blankes wat moor nie. Al gehoor van Oscar, Don, Henri?

Henry ·

Uitstekende antwoord Koos.
Om 20 jaar en langer in ‘n SA tronk te oorleef, maak die pyn en lyding vir moordenaars veel meer betekenisvol, as ‘n kort ervaring wat met ‘n gestrekte nek eindig.

Koos ·

Is dalk so Henry, maar ons moet opdok dat hulle net rondlê in die tronk, TV kyk, sokker speel en drie keer per dag kos kry. En die kêrels wat galg toe is kan nooit weer iemand seermaak nie.

Henry ·

Koos. Doodstraf of nie, is ‘n debat wat veel meer ruimte as ‘n kommentaar kolom verg. Hoe ookal, daar is geldige argumente na beide kante.

Alida ·

Kom ons wag vir die feite. Ek ruik n rot hier. Hulle moes haar geken het en toegang verkry het. Die waarheid sal uitkom.

Piet Pompies ·

Die 3 persone is in Krugersdorp inhegtenis geneem. Hulle het verskeie ander plekke waar oumense woon geteiken in Nelspruit omgewing en was by die een plek suksesvol. Die sekerheid stelsel is omseil om toegang tot die perseel te kry. Die Polisie in Nelspruit het misdadigers gewaarsku dat hulle nie van ander dorpe af moet kom en misdaad hier kom pleeg en dink hulle gaan wegkom. Julle sal gesoek word tot ons julle kry.

Bekommerde ·

Sterkte vir almal betrokke. Ek wil tog vir ouer mense maan om nie geld by hulle te hou nie – laat
‘n betroubare persoon jou internet betalings doen of doen Debietorders.

Drig ·

Alle dwelmmense van handelaars tot gebruikers en vervaardigers moet Boet.

Louise ·

Nogal ‘n vrou saam met die twee mans wat verdink word. Deesdae rook en drink en moor vrouens soos mans.

HPV ·

Adri, misdadigers het nie kleur nie, sleg is sleg, boos is boos, in verhouding dieselfde met alle rasse. So is die goeie mense ook, gelukkig in die meerderheid. ook in dieselfde verhouding met alle rasse.

Francois le Cochon ·

Lyk my weer na dwelm verslaafdes wat so in ons woongebiedes rondle en bedel, en vir wie mense by robots so mildelik geld voor gee.

Ronel ·

Tannie Hettie ek is so jammer jy moes op so manier sterf. Jy het net liefde gegee waar jy kon….Jesus self sal jou ontvang.

oopkop ·

Verskriklik!! Hierdie 3 monsters, moes haar goed geken het. Die sekuriteit by die eenhede moes seker kameras gehad het. Hoe dom nog meer genadeloos om hierdie bejaarde te vermoor en om te dink hulle gaan wegkom daarmee. Kry vir julle wat julle toe kom

GerhardG ·

Die afgelope week is ‘n 93-jarige dame in ‘n ouetehuis, Kenwyn, in Pietermaritzburg vermoor.

Rus in Vrede ·

Mag die oorledene in Vrede Rus. Baie sterkte aan die naasbestaandes.

Hierdie is so ontstellend om te lees.

GM ·

Mense moet bietjie verby velkleur kyk, en die mens raaksien. Net omdat ‘n groepie van ‘n sekere ras nonsens aanvang, beteken nie almal is so nie. Elkeen van ons het goed en sleg in ons. Sekere tipes gedrag kom dalk meer voor in sekere groepies as in ander, maar mens kan nie net velkleur daarvoor blameer nie. En dis niks nuuts dat witmense ook mekaar vermoor nie, ek verstaan nie die vreeslike skok oor die foto nie.
Sterkte aan die naasbestaandes. Dis vreeslik dat die weerloses geteiken word, en dit altyd deur ‘n groepie van 3 of meer teen 1. Mag jul kry wat jul toekom, lafaards!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.