Drie vas oor betogings in Ventersdorp

Foto: ANA

Drie persone is in hegtenis geneem in verband met ʼn betoging Woensdag in Ventersdorp in Noordwes.

Kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie persone is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld.

Sello Dassie, leier van die gemeenskap, het gesê die betoging sal voortduur totdat die regering gestand doen aan sy belofte in 2006 van die N14-ontwikkelingsprojek. Die N14-projek sluit onder andere ʼn winkelsentrum, meenthuise, toerisme- en landboutrekpleisters in.

Maroela Media het vroeër berig Ventersdorp is Woensdag byna heeltemal lamgelê toe inwoners voortgegaan het met betogings oor die versuim van die regering om beloftes oor ʼn ontwikkelingsprojek na te kom. Verkeersbeamptes is op verskeie plekke in die dorp ontplooi om verkeer te herlei terwyl winkels in Van Riebeeckstraat, wat Klerksdorp en Rustenburg verbind, gesluit was, asook dié op die R53 wat Ventersdorp en Potchefstroom verbind.

Die N14-hoofweg tussen Ventersdorp en Coligny was ook vir verkeer gesluit. Skole moes ook noodgedwonge sluit.

Brandende bande is by die ingang van Tshing-nedersetting geplaas en klippe het die pad bestrooi. Die polisie was ook genoodsaak om ʼn vuur op die R53 te blus en moes rubberkoeëls gebruik om die skare wat weer hergroepeer het by Tshing se ingang, uiteen te jaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Snowball ·

So net DRIE maak so amok dat die hele dorp lamgelê is? Absurd verby!

Papa G ·

Nee Snowball. Lees weer mooi. Drie is in hegtenis geneem. Baie het betoog. My oorlede Ouma het altoos gesê dat beloftes skuld maak.

Snowball ·

@Papa G, die absurditeit is dat NET DRIE arresteer word. My geimpliseerde vraag –
Hoekom is die res van die span betogers nie agter tralies nie?

Hanna Hoekom ·

En vlg jaar vat dit net n t-hemp en goedkoop kospakkies om weereens vir die cANCer te stem! Hope lee beloftes sal weereens die uiteinde wees. En die “massas” sal kwaad bly…

Estelle ·

Einste daai. Sien die EFF het vroeg al hier voor die plaaslike SASSA kantore gespring en dans… uitgevat in splinternuwe T-hemde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.