Drie vas oor dwelms

Die dwelms waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die dwelms waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Drie buitelanders is in Bellville naby Kaapstad in hegtenis geneem vir die beweerde besit van dwelms, het die Wes-Kaapse polisie gesê.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het Saterdagoggend inligting opgevolg oor dwelmaktiwiteite by Parksig Villas in Bellville.

“Drie verdagtes, almal buitelanders tussen die ouderdomme van 29 en 36, is in hegtenis geneem. Daar is op verskeie dwelms, insluitend tik, dagga en kokaïen beslag gelê.”

Volgens Rwexana sal die verdagtes na verwagting Maandag in die Bellville-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

So word hulle ingevoer om verrotting in ons samelewing te saai. Uiteindelik maak ook hulle ons tronke vol. In ‘n Oosterse land sou die doodstraf op hulle gewag het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.