Drie vas oor fluitjieblaser se moord

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans is Donderdagaand vasgetrek wat na bewering ʼn Durbanse vrou vermoor het nadat sy ʼn multimiljoen-rand bedrogspul aan die polisie gerapporteer het.

Maj. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê die bejaarde vrou is op 22 April in haar huis in Phoenix dood nadat haar moordenaars haar keelaf gesny het. Die vrou het glo kort vantevore uitgevind van ʼn bedrogspul waardeur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Said) uit miljoene bedrieg is, en het dit by die owerhede aangemeld.

“Die verdagtes, wat bekende dwelmhandelaars in die gebied is, is Donderdag met behulp van die polisie se honde-eenheid in hegtenis geneem,” het Netshiunda gesê. “ʼn Gelaaide vuurwapen met 50 kapsules heroïen is op ʼn bedkassie in die huis [waar hulle gearresteer is] gevind. Honderde bankkaarte van verskillende bankgroepe is ook in die verdagtes se besit gevind.”

Volgens Netshiunda is die drie mans, waarvan twee verwant is, aangekla van moord en dwelmbesit. Hulle sal Maandag in die Verulam-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Cherokee ·

En dan kry hulle x-termyn-tronkstraf minus afslag en gaan voort. Wat ‘n patetiese land!

Tiger ·

En VOOR etenstyd is hulle uit op R1000 borg elk.Enige weddenskappe teen my mening??Patetiese regstelsel!

Kwaad ·

Ek het ook ‘n groot bedrogspul teen die POF en vervolgingsgesag gerapporteer, waaraan niks gedoen was nie. Ek kon ook my lewe verloor het, en het amper ook! Voel so jammer vir die vrou wat so wreed vermoor is!

christine ·

Wil net weet waarvoor was sy nie in getuiebeskerms program opgeneem nie. Wie het nou weer op sy beurt die fluitjie op haar geblaas. Seker het net die valke geweet. Ruik n rot.

Petrus ·

As hulle bekende dwelmhandelaars is waarom is hulle nie gevang nie, seker omdat hulle dit met toestemming doen om die gepeupel dom te hou.

TDW ·

Dit pla my ook. Ons kinders gaan gebuk onder vry beskikbare dwelms, die polisie weet van die handelaars, weet waar dit gehandel word, maar nooit word daar iets aan hulle gedoen nie.

Willem ·

Hulle moet hang aan die keel … bring doodstraf terug … dit is al wat ons kan vra en bid … Sela

Takkie Takuuza ·

Is die vuurwapen met 50 kapsules heroin gelaai? Of is daar n gelaaide vuurwapen en 50 kapsules?

Griet ·

Ek het ook fluitjie geblaas oor ‘n bedrogspul by ‘n akademiese hospitaal in Limpopo en het toe deurgeloop onder vandale. Dit is nie die moeite werd om fluitjie te blaas nie

TDW ·

Nee, jy het die regte ding gedoen, jy is braaf, iemand om na op te kyk. Moenie dat die gemors jou onderkry nie, ons almal kan uit jou dade leer. Ons moet die rubbish veg met alles wat ons het. Gebruik die media om jou te beskerm, kry soveel video/foto materiaal op alles om jou te beskerm. Stuur dit na elke koerant, maak die publiek bewus van jou struggle. Jy sal nie glo hoeveel mense bereid sal wees om jou te help nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.