Drie persone is in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende roof by ʼn selfoonwinkel in Kaapstad se middestad.
“Lede van die polisie se misdaadvoorkomingseenheid het ʼn klag ontvang oor ʼn gewapende roof by ʼn selfoonwinkel in Thibault-plein in Riebeeckstraat,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê.
Die beamptes het reageer en drie mans het uit die winkel gehardloop gekom. “Een van die mans het ʼn vuurwapen op die grond gegooi toe hy die polisiebeamptes gesien het,” het Van Wyk verduidelik.
Die mans het in die rigting van Hans Strydomstraat gehardloop en die polisiebeamptes het hulle agternagesit en twee persone in hegtenis geneem. “Die derde man is in Prestwickstraat, Groenpunt, in hegtenis geneem. Hy het ʼn 9mm-pistool en ammunisie in sy besit gehad.”
Van Wyk het gesê die polisie het beslag gelê op albei vuurwapens en die motor wat die verdagtes gebruik het. “Hulle bly in aanhouding en sal na verwagting Maandag in die Kaapstadse landdroshof verskyn.”
Geluk aan die polisie vir vinnige optrede
Well done manne !!!! Trots op julle. Hou so aan !!!
Kaapstad en provinsie is die enigste deel in die land waar daar nog behoorlike wetstoepassing is.
Mooi so SAPD julle kan as julle wil
Ek gee toe: as hulle wil kan hulle wondere verrig. Goeie reaksie deur die betrokke beamptes. Julle verdien eer.