Drie vas oor heroïen van R100 m.

Foto: SAPD

Twee mans en ʼn vrou is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering heroïen ter waarde van meer as R100 miljoen deur die Golela-grenspos na Suid-Afrika gesmokkel het.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die inhegtenisneming volg nadat die polisie ʼn wenk ontvang het van die dwelmbesending wat na bewering die land binnegekom het. Polisiebeamptes het Donderdag omstreeks 11:15 die verdagtes se voertuig op die N2 naby Pongola in KwaZulu-Natal voorgekeer.

“Die bakkie was op unieke wyse aangepas om die dwelms te vervoer. Nadat die voertuig deursoek is, is 145 sakke met ʼn dwelmmiddel wat vermoedelik heroïen is in ʼn versteekte kompartement in die bak van die voertuig gevind,” het Naicker gesê. “Die waarde van die dwelms is na raming R101 miljoen.”

Hy het gesê twee mans en ʼn vrou, tussen 20 en 43 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle het gister in die Pongola-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmbesit. Die drie sal op 11 Mei weer in die hof verskyn en bly tot dan in aanhouding.

Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, het die beamptes geloof vir die inhegtenisneming. “Ons is baie in ons skik dat hierdie dwelmbesending nie ons strate sal bereik waar dit ernstige skade sou aanrig nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jan maak n plan ·

Nou verstaan ek nie. Volgens di eerat paragraaf is die dwelms R1 miljoen. En volgens die derde paragraaf is dit R101 miljoen werd. Hoeveel moet dit nou wees. Gee julle nou ook deesdae informasie deur aan die publiek soos die regering. Elke sin in sy eie windrigting.

Mariné Lourens ·

Dagsê Jan maak ‘n plan

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die geraamde waarde van die dwelms was volgens die polisie R101 miljoen. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

John ·

…. die bedrag hang seker af van wie die besending bestel het… dis hoekom? Die polisie het dalk snuf in die neus gekry…en die syfer toe aangepas..

hot stuff ·

moenie str°nt soek met die sapdin raai wereld nie. was dit Suid Afrikaners? ek hou duim vas die dwelms word net daar vernietig. as dit GP toe gestuur word is die kans ook recycling baie groot.

Kaaspaas ·

Hoekom is daar nie ook fotos van hulle nie?? Die Parys geval word die beskuldigdes se gesigte gewys.

KZN ·

Maak ni saak Wat di waard was ni. Al Wat saak maak is dat di polisie baie goeie werk gedoen het deur te keer dat dadi gift ni ons kinders bereik ni.
Dankie aan di SAPS vi jul goeie werk.

Frederik ·

Ek lees gedurende die afgelope week dat die ANC blykbaar op ‘n stadium oorweeg het om dwelms te smokkel om hul finansies op peil te kry.
Nou het ek al dikwels gewonder: Wat word op die einde van die dag van al die miljoene rande se dwelms waarop daar feitlik daagliks beslag gelê word. Daarby kreefsterte, perlemoen, die voertuie waarmee dit vervoer was ens ens ens??

Nursie. ·

Dankie v die SAPD se goeie diens. Daar is so baie mense se lewens wat deur die gemors verwoes word. Hou so aan

Annoniem ·

Wat gebeur met hierfie dwelms? Ons land is so korrup, gaan die volgende polisie man wat daarop afkom dit nie net verkoop nie? Well done aan die ouens betrokke hier!

Rika G ·

Lekker man… sluit hulle toe en gooi die sleutels weg hoop hulle kry sommer 100 jaar tronkstraf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.