Drie vas oor heroïen van R60 miljoen

Die besending dwelms is in die voertuie se spaarwiele versteek. Foto: SAPD

Drie mans, vermoedelik Mosambiekse burgers, is Dinsdag op die N4 naby Kaapmuiden in Mpumalanga aangekeer, nadat heroïen met ʼn geraamde straatwaarde van R60 miljoen by hulle gevind is.

Kol. Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, het gesê die polisie het inligting ontvang oor twee Toyota Prado-voertuie op dié pad en dat dit vermoedelik ʼn enorme besending dwelms vervoer.

Polisielede het voertuie opgemerk wat by die beskrywing pas en hulle voorgekeer. Die bestuurder van een van die voertuie het aanvanklik probeer wegjaag, maar die polisie het hom blitsig gestuit, het Bhembe gesê.

“Die dwelms is tydens die polisie se deursoeking van die voertuie gevind waar dit in die spaarwiele versteek is.”

Een van die voertuie wat die besending vervoer het. Foto: SAPD

Die polisie het verlede maand tydens ʼn Paasveiligheidsveldtog ook beslag gelê op dwelms van nagenoeg R2,5 miljoen. Die dwelms is tydens ʼn padblokkade aan die buitewyke van Mbombela (Nelspruit) gevind.

Genl.maj. Frans Mashika, waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, het die gemeenskap én polisielede bedank vir hul optrede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wielspore ·

Uitstekende nuus, hoe minder dwelms op straat kom, hoe beter vir die samelewing. Net so toevallig, ons het van ‘n vakansie afgekom en stop in Nelspruit by McDonalds, ek wag in die motor omdat ons ‘n sleepwa aan het en op twee parkerings staan. Die voertuig se dash cam bly aan omdat die enjin loop. Onbewus van wat voor my aangaan is skelms besig onwettig medikasie in grootmaat aan Mosambiekers te vekoop en te laai. Ek het die opname eers later by die huis gesien en die inligting aan ons plaaslike sekerheid
besigheid verskaf. ‘n Speurder het my so twee weke later geskakel en dankie gesê vir die inligting. Ek weet nie of daar enige vervolging plaasgevind het.

suzie ·

Pleks dat malema hom beywer met die dwelm handelaars wat die land oorgeneem het en die lewens van jongmense verwoes. Hy mors kosbare tyd op nonsens en met sy jaloesie op witmense, hulle is nie wrede “sonder ‘n gewete” burgers nie ????

SjN ·

Knap gedaan Sapd, wie bepaal die waarde van die dwelms so vinnig?

koos ·

Dis nou eenvoudig. Gewig van dwelms maal met gemiddelde straat waarde.

Heksie ·

Wel gedaan, maak my net wonder hoeveel vragte al die land verlaat het, want hierdie is beslis nie die eerste besending nie. Dis net die eerste keer dat hul gevang word.

Michelle ·

Fantastiese werk vir die manne wat die misdadigers gevang het en die gemors van die straat en jong kinders weg gevat het. Kan die Cele so gaaf wees en gee die manne ‘n erkenning wat dit is polisie wat uitstekende werk gedoen het en die verskil wel maak. Op die manne kan mens net trots wees dankie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.