Drie vas oor kalf in badkamer

Foto: Verskaf.

Drie mans, tussen 25 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Frankfort-landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklagte van veediefstal nadat ʼn jong kalf in ʼn badkamer gevind is.

Kapt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het gesê die mans is in Tweeling in hegtenis geneem nadat die twee week oue kalfie in ʼn badkamer in Mafahlaneng aangetref is.

“Die kalfie is glo die vorige dag op ʼn plaas naby Tweeling gesteel. Die polisie het ʼn wenk ontvang van waar die kalfie dalk kon wees. Toe die huis deursoek is, is die kalfie in die badkamer aangetref,” het Mhobeleli gesê.

Die verdagtes was glo tydelike werkers op die plaas.

Genl.maj. Jan Tsotetsi, bevelvoerder van die Bethlehem-groepering, het boere aangeraai om seker te maak alle werknemers, selfs tydelike werknemers, is aan hulle bekend. “Dit is ook belangrik om bewyse van hul identiteit en adresse te hê sodat hulle maklik opgespoor en ondervra kan word.”

Volgens Tsotetsi is dit ook wys om seker te maak dat vee weg van hoofpaaie af wei. “Heinings moet ook gereeld nagegaan word en vee moet gebrandmerk word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ek weet ·

Ek weet van die kalf in die put maar hierdie is ‘n nuwe een . . .

Theresa ·

Ha ha ha. Mmm. “hallo? dis mev poggenpoel hier sersant. Ja!! daar is ‘n kalf langs die bad. Dit IS so, sersant – nee, ek het nie my sinne verloor nie!”
Darem bly die arme ou dingetjie leef nog. Was seker die komende Sondagmaal of iets in die volmaan.

Swannie ·

Dit is seker die gemeste kalf wat geslag word indien die verlore seun terugkeer.

Lee ·

Arme ou kalfie. Bly hulle het hom gekry nou kan hy na sy mamma toe gaan.

snoefie ·

kan genl.maj tsotetsi ons asb raad gee oor die hee wat so wei in mpumalanga se provinsiale strate en hoofstrate van meeste klein dorpe?

Griki ·

Kan ‘n twee week oue kalfie gebrandmerk word? Miskien moet die polisie begin werk maak daarvan om misdaad te voorkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.