Drie vas oor kaping, gesteelde vuurwapen

Foto verskaf deur die SAPD

Lede van die polisie se blitspatrollielede in Kaapstad het drie mans in hegtenis geneem en beslag gelê op ʼn gekaapte motor en ʼn gesteelde vuurwapen, het die Wes-Kaapse polisie Saterdag gesê.

“Lede van die blitspatrollie het Saterdagoggend vroeg reageer op ʼn radioboodskap dat ʼn Toyota Avanza verbind word met ʼn kaping in Philippi-Oos,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die omliggende gebied is deursoek en die gekaapte voertuig is uiteindelik in Baden Powellrylaan opgespoor waar dit langs die pad parkeer gestaan het. Die drie verdagtes is genader en in hegtenis geneem.”

Een van die verdagtes het ʼn .22-rewolwer in sy besit gehad, wat tydens 2017 in Table View as gesteel aangemeld is. “Die drie verdagtes, onderskeidelik 18, 18 en 24 jaar oud, sal na verwagting Maandag in ʼn hof in Muizenberg verskyn op aanklag van die besit van ʼn gesteelde motor en ʼn ongelisensieerde en gesteelde vuurwapen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SjN ·

Wys die goed se gesigte want hul gaan borg kry en dit weer doen, ten minste kan die gemeenskap iets doen as hul gewaar word.

Lerato ·

Gedurende die noodtoestand in die 80’s, het misdaad afgeneem omdat daar gereed padblokkades was.

Wat doen die soldate nou? Dril vir ‘n halfuur elke dag?

En ons moet hulle salarisse betaal.

Gert van Wierdapark ·

Weens hul mense-regte sal die vloekstene seker more elkeen R300 borgtog kry en versoek word om hul tog asb mooi te gedra tot hul verskyning in die hof – as hul ooit gaan opdaag!!! Wat n flippen grap is die proses om sulkes agter tralies te probeer kry nie!!

De Villiers ·

Kom ons raai wat gaan volgende gebeur:
Hulle gaan onskuldig pleit en aanvoer dat hulle die motor by iemand onbekend gekoop het, en nie geweet ‘n mens het registrasie dokumente nodig vir die voertuig as dit gekoop word nie. Hulle het die vuurwapen in die motor ontdek en was toevallig oppad polisiestasie toe om dit te rapporteer en in te handig. En … hulle word op borgtog vrygelaat vir verdere ondersoek.

Diefie ·

Wil net die ANC “geluk wens” vir die afgelope 24 j se opleiding van misdadigers. Dis nou wat ek noem: “Werkskepping” op sy beste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.