Drie vas oor leeubene

Die besending waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die Groen Skerpioene het drie mense in hegtenis geneem wat glo leeubene uit die land wou smokkel.

Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye, het gesê die inhegtenisneming is Dinsdag gedoen.

“Die sukses van die gesamentlike operasie bevestig weer eens dat die deel van inligting en samewerking tussen die verskillende wetstoepassingsagentskappe die sleutel is tot Suid-Afrika se stryd teen natuurlewemisdaad.”

Omgewingsinspekteurs het ʼn wenk ontvang oor ʼn verdagte besending nadat dit aan die lig gekom het dat daar nie ʼn bespreking gemaak is vir die versending van die leeubene nie. Drie lede van die Groen Skerpioene het ‘n lid van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid aangesluit.

Luidens die vervoerdokument is die verskeping verkeerd verklaar. Toe die besending deursoek is, is daar 12 bokse gevind met leeubene wat in aluminiumfoelie toegedraai is. Die besending het sowat 342 kg geweeg.

Lede van die Valke, die Ekurhuleni-metropolisie, misdaadintelligensie en die Groen Skerpioene het tydens ʼn opvolgoperasie drie verdagtes in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anoniem ·

Indien dit buitelanders is, deporteer hulle dadelik terug en indien hulle alreeds SA burgerskap het, onttrek dit ook summier.

Cindy ·

Kan die mense net die diere begin uitlos!! Magtig man wat is die doel met al die bene, horings, tande!!! Genoeg is ook nou genoeg wat dit betref. Stuur die wetters terug na hulle land of straf hulle swaar.

Matts ·

En die arme donkies! Moenie die arme donkies vergeet vir hulle velletjies nie. Wat het geword van die saak waar Maroela berig het van die mense wat in hegtenis geneem was nadat hulle betrap was dat hulle die stomme diere lewend afgeslag het?

marous ·

Hierdie sake word nooit verder geneem as die muile nie . Dieselfde met dwelms . Daar word net bolangs gekrap .

Ellisras ·

Wat is fout met (wettige) handel in leeu bene. Of skaap bene. Of blesbok bene. Elke wettige stel leeu bene is een minder wat onwettig doodgemaak word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.