Drie vas oor lewensversekeringseis

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Drie persone het Vrydag in die Scottburgh-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn op aanklag van bedrog.

Thasveer Bobbie (30), Nirvana Paparam (40) en Nirasha Rampal (38) is vrygelaat op borgtog van R10 000 elk, het kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die persone is in Umzinto in hegtenis geneem. “Daar word beweer dat nege vervalste eise op 5 November 2019 by ʼn versekeringsmaatskappy ingedien is vir die prosessering en betaling ná die versekerde persoon gesterf het. Die eise was bedrieglik en gemanipuleer deur die verdagtes.”

ʼn Bedrag van R2,4 miljoen sou uitbetaal word toe daar bepaal is dat die dokumente vervals is. “Die ondersoek het onthul die verdagtes het geen belang by die oorledene nie en dit was slegs om persoonlike gewin.”

Die saak is tot 16 November 2020 uitgestel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.