Drie vas oor liggaam in brandende motor

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans en ʼn vrou is in hegtenis geneem nadat ʼn vrou se liggaam Vrydag in ʼn brandende motor in Lenasia, suid van Johannesburg opgespoor is.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die drie verdagtes is Dinsdagaand in Boksburg aan die Oos-Rand in hegtenis geneem.

Die liggaam is Vrydag op die agtersitplek van ʼn brandende motor gevind. “Die voorval het omstreeks 03:00 plaasgevind. Mense het die motor sien brand en die polisie ontbied,” het Makhubela vroeër gesê.

“Ons ondersoek het bevind dat die verdagtes juweliersware van ʼn juwelierswinkel bestel en dat die vrou dit by hulle huis in Boksburg kom aflewer het. Hulle het met die vrou na Lenasia gery waar hulle haar vermoor en die motor aan die brand gesteek het,” het hy bygevoeg.

Makhubela sê die vrou is as vermis aangemeld en later geïdentifiseer. Hy sê die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.