Drie vas oor Luckhoff-diefstal

Die goedere wat uit 'n winkel in Luckhoff in die Vrystaat gesteel is. Die twee verdagtes staan met hul rug na die kamera. Foto: SAPD

Die goedere wat uit ‘n winkel in Luckhoff in die Vrystaat gesteel is. Die twee verdagtes staan met hul rug na die kamera. Foto: SAPD

Drie mans, tussen 21 en 34 jaar oud, verskyn Vrydag in die Fauresmith-landdroshof in die Vrystaat in verband met voorvalle van diefstal vandeesmaand in Luckhoff.

“Die drie is verbind met die voorvalle nadat die polisie in Kimberley in die Noord-Kaap gesteelde goedere by ʼn ouer vrou, die ma van een van die verdagtes, se huis opgespoor het,” het sers. Thabo Litabe, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die eerste voorval het op 15 Oktober plaasgevind toe klere, toiletware en lekkergoed uit ʼn bekende winkel in die klein dorpie gesteel is. “Niemand is in daardie stadium in hegtenis geneem nie. Terwyl die polisie nog ondersoek ingestel het, is ʼn tweede voorval van diefstal by dieselfde winkel aangemeld,” het hy bygevoeg. Hierdie keer is selfone en tabletrekenaars ter waarde van meer as R150 000 gesteel.

“Die polisie het by die toneel opgedaag, maar die verdagtes het reeds gevlug. Hulle het hul informante ondervra en met ʼn misdaadintelligensieplan begin.”

Ná ʼn paar dae het die polisie in die Noord-Kaap ʼn deurbraak gemaak en twee van die verdagtes in Luckhoff aangekeer. Die derde verdagte is in Kimberley in hegtenis geneem. “Al drie die mans is op 28 Oktober in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van sakeroof.”

Twee van die mans is van Luckhoff en die derde man is van Pretoria. “Die man van Pretoria was in Luckhoff vir werk, aangesien hy vir een van die kontrakteurs werk wat ʼn skool in Luckhoff bou,” het Litabe bygevoeg. “Een van die verdagtes, vermoedelik die meesterbrein, is van Luckhoff en hy is op parool vrygelaat vir verkragting.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Irene ·

Goeie werk Polisie. Alweer op parool na verkragting daardie verkragters hoort vir 20 jaar te sit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.