Drie vas oor Malamulele-onluste

boeie

Argieffoto

Drie mense is in Malamulele in Limpopo in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by voortslepende onluste in die gebied.

“Die verdagtes is laat Donderdagmiddag in hegtenis geneem vir die oortredings van sekere dele van verskeie wette,” het kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, Vrydag gesê. Die wette behels die Wet op Oproerige Byeenkomste, die Suid-Afrikaanse Skolewet, en die Byeenkomste Wet.

“Hulle staan onder meer tereg op aanklagte van aanhitsing en intimidasie,” het sy gesê.

Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Malamulele-landdroshof verskyn.

Malamulele gaan die afgelope paar weke gebuk onder gewelddadige betogings. Inwoners eis hul eie munisipaliteit aangesien die bestaande Thulamela-munisipaliteit glo hoofsaaklik die Tshivenda-sprekers bedien en die Xitsonga-sprekers in Malamulele agterweë laat. Die Munisipale Afbakeningsraad het die inwoners se aansoek van die hand gewys.

Lees alle vorige berigte oor Malamulele op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.