“Die verdagtes is laat Donderdagmiddag in hegtenis geneem vir die oortredings van sekere dele van verskeie wette,” het kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, Vrydag gesê. Die wette behels die Wet op Oproerige Byeenkomste, die Suid-Afrikaanse Skolewet, en die Byeenkomste Wet.
“Hulle staan onder meer tereg op aanklagte van aanhitsing en intimidasie,” het sy gesê.
Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Malamulele-landdroshof verskyn.
Malamulele gaan die afgelope paar weke gebuk onder gewelddadige betogings. Inwoners eis hul eie munisipaliteit aangesien die bestaande Thulamela-munisipaliteit glo hoofsaaklik die Tshivenda-sprekers bedien en die Xitsonga-sprekers in Malamulele agterweë laat. Die Munisipale Afbakeningsraad het die inwoners se aansoek van die hand gewys.
Lees alle vorige berigte oor Malamulele op Maroela Media.