Drie vas oor meisie se lyk onder bed

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Drie mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n 10-jarige meisie in Gugulethu in Kaapstad.

Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die drie mans, tussen 24 en 38 jaar oud, is Dinsdagaand in hegtenis geneem.

Hy sê die 10-jarige meisie se liggaam is vroeër Dinsdag onder ‘n bed in ‘n huis in Gugulethu gevind.

“Die slagoffer het nog haar skoolbaadjie aangehad.”

‘n Familielid van die meisie het haar Maandag as vermis aangemeld.

Van Wyk sê ‘n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal en vas te stel of sy seksueel aangerand is.

Hy sê die verdagtes sal binnekort in die Athlone-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

sANDRA ·

Een 10 Jarige dogtertjie – 3 lafhartige slegte gemors tussen 24 en 38 jaar oud. GROOT asb., verlos die wereld en hang hulle aan hulle nekke totdat hulle dood is.

pop ·

As hulle se doodstraf net vir wittes<dan sal dit soos blits gebeur. Beskermde wild ! ! ! !

Renet Zeeman ·

Dit is so wreed. Bring asseblief die doodstraf terug. Ek het self iemand aan die hand van ‘n ander moes afstaan aan die dood. DOODSTRAF!!!!!!! Terug asseblief

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.