Drie vas oor miljoene se dwelms

Mandrax-tablette
(argieffoto)

Drie verdagtes sal Woensdag in die Upington-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn op aanklagte van dwelmhandel.

Dít volg nadat hulle vandeesweek in hegtenis geneem is vir die besit van verskeie dwelms ter waarde van sowat R3,4 miljoen.

Volgens Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, is die drie verdagtes, tussen die ouderdomme van 25 en 45 jaar, Maandag deur die Valke, die plaaslike honde-eenheid en die plaaslike grenspolisie aangekeer nadat die span inligting ontvang het van dwelms wat in ’n bus vervoer word.

Die bus is voorgekeer waarna die dwelms ontdek is. Die vonds het dagga, tik en mandrax-tablette ingesluit, het Mnisi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Karlahari ·

Sal ek ook graag wil weet. Die berig is soos Sona.
Arm aan inligting….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.