Drie vas oor miljoene se tabak

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo onwettig die grens van Zimbabwe na Suid-Afrika oorgesteek het met ʼn vragmotor vol tabak.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die polisie, het gesê die metro se misdaadvoorkomingseenheid saam met lede van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid het die drie verdagtes van die N1 in Midrand agtervolg waarna hulle in hegtenis geneem is.

“Volgens die inligting wat ons ontvang het, was die vragmotor op pad om tabak ter waarde van R3 miljoen aan ʼn maatskappy in Gauteng af te lewer,” het Minnaar gesê.

Die verdagtes is tans in aanhouding by die Brackendowns-polisiestasie en sal binnekort in die Palmridge-landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer belastingontduiking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.