Drie vas oor moord op Mosambiekse man

Die voorblad van die Sunday Times van 19 April 2015 met die foto's van die aanval op Emmanuel Sithole. Die foto's is deur James Oatway geneem. Foto: http://www.thepaperboy.com/

Die voorblad van die Sunday Times van 19 April 2015 met die foto’s van die aanval op Emmanuel Sithole. Die foto’s is deur James Oatway geneem. Foto: http://www.thepaperboy.com/

Drie mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op die Mosambieker Emmanuel Sithole wat die afgelope naweek in Alexandra, noord van Johannesburg, vermoor is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes is Sondagaand in hegtenis geneem. Daar is tydens die inhegtenisname op bewysstukke beslag gelê en die polisie is nog op soek na ʼn vierde verdagte.

Sithole (35) is die naweek in ʼn straat in Alexandra met ʼn mes doodgesteek. Grafiese foto’s van drie mans wat Sithole aanval, het Sondag op die Sunday Times-koerant se voorblad verskyn. Die foto’s het ʼn opskudding op sosiale media veroorsaak en verskeie gebruikers het ʼn beroep op die polisie gedoen om spoedig die moordenaars vas te trek.

Sithole se moord vorm vermoedelik deel van die vlaag xenofobiese aanvalle wat die afgelope twee weke deur die land spoel.

Malusi Gigabe, minister van binnelandse sake, het Sondag aan verslaggewers in Pretoria gesê meer as 300 mense is tot dusver in hegtenis geneem in verband met die aanvalle op buitelanders en die plundering van winkels.

Koning Goodwill Zwelithini het intussen versoek dat ʼn imbizo Maandag by die Moses Mabhida-stadion in Durban gehou word om die xenofobiese aanvalle te bespreek. President Jacob Zuma het Saterdag ʼn amptelike besoek aan Indonesië afgestel om aandag aan die xenofobiese geweld te gee.

Die drie verdagtes sal Dinsdag in die Alexandra-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jean ·

Jul kweek die omstandighede anc om nie te grense te patroleer nie so jul moet nou pa staan vir jul onbevoegheid..en ou skaapkop mugabe is net so verantwoordelik dat soveel Zim mense hier is. Nogal vermaaklik dat die clown wil vinger wys….kry vir jul anc!!!!

Retha ·

Goodwill Zwelatini moet saam met hulle vir moord aangekla word.

Gert van der merwe ·

So ook Zuma se seun en “I dont want to see a white face” asook vettie malampie. Hulle was die oorsaak van alles

Elize ·

Retha, ek stem saam met jou en Zuma se seun ook! Nou wil Goodwill homself beskerm deur die media aan te val, deur te se hulle het hom verkeerd aangehaal. Wat ek ook nie kan verstaan nie, ons President besoek vlugteling kampe, wat goed is vir ons buitelandse beeld. Maar nerens lees of hoor ons dat hy wel in gesprek met Goodwill of sy seun getree het nie, sodat hulle al 2 weke terug in die openbaar hul uitsprake moes verduidelik, en teruggetrek het nie.

Bruno Stef ·

Die 60 miljoen rand Pou gaan met die Imbizo alles van sy kant af ontken en die skuld vir gebeure op Apartheid probeer plaas.Hy is deur die spindokters goed voorberei om soos n Engeltjie met n stralekransie voor te kom en deur die Liberale media aangeprys word as die groot vredemaker.

Karin ·

en die verslaggewer/s van die Sunday Times sal liewer fotos en neem en later die berig skryf as om ‘n man te probeer help!! Wat mense nie alles sal doen vir sensasie en om die beste “scoop” te kry nie. Ek wonder hoe slaap hulle en of hulle enigsins ‘n gewete het om ‘n moord te aanskou en niks daaraan te doen nie.

Danie ·

Die fotograaf het die slagoffer hospitaal toe geneem. Dit is sy werk om foos te neem!

Gert van der merwe ·

Eindelik het die vreemdeling haat n rukkie terug begin toe die hoof “insigator” gese het Jan van Riebeek die probleem is. Maar sooos dit met hom sy seun en moapie asook malema bestaan daar nie in hulle taal n vertaling daarvoor nie en het die media het dit verkeerd vertaal. DIS NOU DIE NUWE VERSKONING. Dit sal baie goed werk vir al die strooi wat Zuma al kwyd geraak het. Ek hoop maroela media vertall ook my komentaar reg en plaas dit maar.Dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.