Drie vas oor mortier, projektiel in Nelspruit

Die mortier en projektiel waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Drie mans is Dinsdag in Nelspruit in hegtenis geneem toe hulle probeer het om twee peperduur projektiele in die middestad te verkwansel.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het gesê die Valke se eenheid vir ernstige en georganiseerde misdaad het op inligting gereageer en die drie verdagtes, tussen 35 en 69 jaar oud, met die projektiele betrap.

Die drie het na bewering probeer om ʼn mortierbom en ʼn projektiel van ʼn RPG-granaatlanseerder teen R300 000 elk te verkoop.

Die Valke het op die toestelle en op die verdagtes se bakkie beslag gelê.

“Twee van die verdagtes is buitelanders en een ʼn Suid-Afrikaner. Hulle moet vandag [Woensdag] in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ploftoestelle,” het Sekgotodi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Tiaan ·

Is daar dalk meer inligting waar kom die ploftoestelle vandaan?

Vaalknapie ·

Koos ons nuwe SA weermag gebruik ook RPG teen panser wapens. dit is nogal n goeie wapen. Kommerwelkkend is dat daar geen beheer is nie.

B-man ·

Shjoe, dis buitensporig. Die Mededingingsraad moet betrek word, sodat pryse kan daal…

ANDRE ·

WOW , 300 000 elk!! , wys jou net hoe min weet hulle ……

Mike Stander ·

Ek het ook gelag!! R300 000 vir iets wat mens nie werklik kan gebruik sonder die nodige lanseerders nie, so in effek nutteloos..
Maar ook maar beter dat sulke goed nie in die publiek beskikbaar is nie, wat as een afgaan in die motor langs jou in die parkeer terrein… Nie goed Nie.

Koos1 ·

Daar is mos plofstof binne in. Kan gebruik word om OTM of geldwa op te blaas.
R300 000.00 is mos ‘n belegging in jou eie “besigheid”.

tamboti ·

Laat ek raai – so tussen R 1000 en R 1500 borg ssl toegestaan word

Penellope Jones ·

Groot vraag is, hoe beland dit in Suid-Afrika . . . . . . . . “Border control”” ?

Daan Erasmus ·

Ek beweeg seker in die verkeerde of is dit regte kringe. Ek probeer dink wat die nut van so iets kan wees. En die prys is ‘n bietjie buitensporig. Dit raas in elk geval so. Almal gaan weet jy gebruik dit.

Boela ·

Daan, jong, dit kan seker nuttig wees as jy keelvol is vir ‘n geblokte drein en moeg gewag is vir die munisipaliteit wat nie opdaag, of die ding nie kan oopkry nie…

Jan ·

Julle ou afrikanetkies gaan nog tjank as cyril en sy bende daai tipe wapens gebruik om julle pak te gee…wag maar en kyk…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.