Drie vas oor Muldersdrift-plaasmoord

Muldersdrift Foto: Google Earth

Muldersdrift Foto: Google Earth

Drie mense is in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasaanval van ʼn bejaarde egpaar in Lindley, Muldersdrift in Gauteng.

“Die polisie is op soek na nog drie verdagtes,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, Sondag gesê. “Die polisie het beslag gelê op van die gesteelde goedere, insluitend drie vuurwapens, ʼn skootrekenaar, ʼn kamera, verkyker en selfone.”

Charles Henderson (61) en sy vrou Jenny is Donderdagaand deur ʼn groep mans oorval en hulle is met messe en vuurwapens aangerand. Hulle is vasgebind terwyl die rowers die huis geplunder het. Jenny kon haarself ure later loswikkel. Haar man was reeds dood.

“Die vrou is in ʼn hospitaal in ʼn ernstige, maar stabiele toestand,” het Dlamini bygevoeg.

Die drie verdagtes sal na verwagting Maandag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn. Volgens Dlamini is die mans glo deel van ʼn bende wat verbind kan word aan ander ernstige misdade in die Krugersdorp-gebied.

Lees alle vorige berigte oor Muldersdrift op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sparkie ·

Daar word nie verwys van waar hierdie perre kom nie. Met die landsgrense oop is SA nou die jagarea vir ander state se misdadigers.

Vanghulleenhanghulle ·

Vang hulle en HANG hulle. Genoeg is genoeg!!

Drieks ·

Ons land het sy eie Al kaída, Isis en boko haram. In ander lande is hul oorlog voerders. In ons land is dit normaal om so wreed te wees. Die regering praat nie, al word dogtertjie lyke in ons land gevind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.