Drie vas oor olifanttande

Foto: SAPD

Drie verdagtes is in Polokwane in Limpopo in hegtenis geneem nadat hulle met olifanttande in hul besit betrap is.

Die drie is omstreeks 10:30 Vrydagoggend by die Savannah Mall in hegtenis geneem, het kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, gesê.

Daar is vier stukke olifanttand ter waarde van R168 000 in die verdagtes se besit gevind. “Die drie het in ʼn grys BMW rondgery en het probeer om die olifanttande te verkoop.”

Die verdagtes, tussen 31 en 36 jaar oud, sal Maandag in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die inhegtenisnemings verwelkom.

Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tanniepetoors ·

Ek hoop hulle kry die swaarste straf moontlik, veral indien hul die stropers ook was. Daar moet geen genade wees vir wildstropers nie.
Tussen hakies, wat is die fiksasie met BMW voertuie? Is dit die enigste fabrikaat wat herkenbaar is, of word dit uitgesonder as sondebok vir enigiets wat verkeerd gaan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.