Drie vas oor ‘onlangs-gestroopde’ renosterhoring

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Drie mans het Maandag in die Grahamstad-landdroshof verskyn nadat hulle in verband met renosterstropery in hegtenis geneem is.

Kol. Sibongile Soci, polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, het gesê die verdagtes, Forget Ndlovu (40), Jabulani Ndlovu (38), albei Zimbabwiërs en Sikhumbuzo Ndlovu (37), ʼn Suid-Afrikaner, is Vrydag omstreeks 22:00 in ʼn chalet in die Makana-oord in Grahamstad in hegtenis geneem. Die twee Zimbabwiërs is nie verwant nie.

“Die inhegtenisnemings volg op die sukses van Operation Full Moon, wat hoofsaaklik fokus om renosterstropery in die provinsie te bekamp,” het Soci gesê.

Die polisie het tydens die inhegtenisneming beslag gelê op ʼn renosterhoring wat baie onlangs gestroop is met ʼn geskatte waarde van R1,2 miljoen. Daar is ook op ʼn geweer en middels om diere te verdoof, sae, messe, selfone en twee gehuurde voertuie beslag gelê.

Die verdagtes word verbind met ʼn voorval waar ʼn renoster onlangs in die Buckland’s-wildsplaas gestroop is. Die verdagtes kan moontlik met tien ander renosterstroperyvoorvalle in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga verbind word.

Die verdagtes het vlugtig in die hof verskyn, waarna die saak tot 22 Junie uitgestel is vir hul formele borgtogaansoeke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

zahn ·

Vlugtig in die hof verskyn, moet op 22 junie weer daar wees vir borgtog aansoeke.

Maak dit sin? Intussen stel hul werkgewer (Veteroog) ‘n advokaat aan wat wil geld maak, vir hul borgtog aansoek en verhoor. Almal maak net geld uit die lomp stelsels.

Cherokee ·

Dit is asof dit die anc nie ‘n duit pla dat zimbabwiërs en ander buitelanders teen selfs ‘n miskien erger tempo as die anc self, krimineel is.

Theuns ·

Dit is die resultaat van plaasaanvalle. Steel die boere se gewere-“poutch” – vlug oor die grens. Waar moet ons keer? Ooglopend by die grense maar wie sal dit doen? Miskien word dit georkestreer deur die ANC want dit pas hulle! Dit is mos beter om te se ons het dit nie gedoen maar iemand anders daarvoor te blameer!

Frederik ·

Theuns, alles wat tans verkeerd is in die land, pas die ANC. Noem maar op: Plaasmoorde, Ongeletterdheid, Hongersnood ens ens. Die boere verkoop makliker hul grond as gevolg van die onveilige omgewing waar hul woon en werk; Die ongeletterdes stem ANC, want hul glo enige snert; Vir die honger kiesers’n halwe brood om vir hul te stem en so kan mens aangaan.
Al hierdie dinge is deur DOKTOR Siener van Rensburg voorspel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.