Drie vas oor onwettige besit van ietermago

Foto verskaf deur die SAPD

Lede van die blitspatrollie in die Wes-Kaap het Donderdag reageer op ʼn wenk oor ʼn voertuig wat bedreigde diere van Johannesburg na Kaapstad vervoer.

“Die bestuurder van die motor was op pad na Durbanweg, Bellville,” het sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die voertuig is onderskep en in Durbanweg voorgekeer. Toe beamptes dit deursoek, het hulle op groot stukke ietermago afgekom met ʼn geraamde straatwaarde van R65 500.”

Drie mans, onderskeidelik 42, 47 en 57 jaar oud, is in hegtenis geneem. “Hulle sal binnekort in die Bellville-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Karlahari ·

Party lede van die menslike spesie kan niks bou nie. Maar hulle weet hoe om af te breek…..
Hoeveel mense het al n ietermagog in die veld gesien? Hoeveel oorleef nog in die natuur?

TJ ·

Skuus dat ek dalk bietjie “agter” is, maar wat maak mens met ietermago stukke? Vir watter doel sal mens dit koop?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.