Drie vas oor onwettige lisensies

Argieffoto

Argieffoto

Twee verkeersbeamptes en ʼn bestuurskoolinstrukteur het Woensdag in die Libode-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn op aanklagte van korrupsie en bedrog.

Die Valke se teenkorrupsie-eenheid het Mphikeleli Maqekeza (30) in hegtenis geneem nadat inligting ontvang is hy werf na bewering kliënte aan wie die verkeersbeamptes dan glo onwettig leerling- en bestuurslisensies verkoop het.

Die twee verkeersbeamptes, Nomonde Mangesi (38) en Nonceba Matsinya (52), is Dinsdag by die bestuurslisensietoetssentrum van die Nyandeni-munisipaliteit se verkeersdepartement in hegtenis geneem.

Die Valke het tydens die inhegtenisnemings onder meer op voltooide aansoekvorms in een van die beamptes se privaatvoertuig beslag gelê.

Die verdagtes se saak is tot 1 Augustus uitgestel, wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen. Hulle bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lance ·

SA is deurspek met korrupsie …om elke hoek en draai …dankie anc

Johann Smith ·

Dit is nie die eerste keer dat dit gebeur nie. Dis omdat onbekwame personeel aangestel word en strawwe te lig is. Hulle is eintlik moordenaars wat mense toelaat om te bestuur en sodoende die geweldige hoë pad sterftes veroorsaak.

Kiepie ·

Dankbaar dat hierdie tipe goed darem nog in ons land blootgelê en gestraf word, al is dit ook net ‘n paar druppels in die emmer. Glo my daar is baie lande waar daar bloot ‘n blinde oog gegooi word.

Anoniem ·

Lyk my daar is maar min van hierdie toetsbeamptes wat nog hul werk ordentlik doen. My kind word deur ‘n bampte gedruip wat 30 minute laat aangery kom sonder dat sy eie sitplekgordel vasgemaak is, met die selfoon teen sy oor en een hand op die stuurwiel. Watter voorbeeld stel dit? As my kind foute maak, verdien hy om te druip – ek wil hom nie alleen op die pad hê nie ter wille van sy eie en andere se veiligheid. Maar BAIE kinders word gedruip omdat (a) die beampte sy magposisie misbruik en lekkerkry om ‘n kind te druip (b) die beampte nie omkoopgeld ontvang het nie. Ek weet waarvan ek praat – my kroos het redelik onlangs op ‘n streep hul lisensies (uit-bleddie-eindelik!) gekry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.