Drie vas oor onwettige mynbedrywighede

Die masjiengraaf waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Drie verdagtes, tussen 30 en 40 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die hof verskyn nadat hulle op aanklag van onwettige mynbedrywighede buite Burgersfort in Limpopo in hegtenis geneem is.

Volgens kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, is die drie verdagtes Donderdag in Modikwa in hegtenis geneem tydens ʼn gesamentlike operasie deur die Valke, polisie, departement van minerale bronne en veiligheidsbeamptes van die Black Chrome-myn.

Maluleke het gesê die verdagtes is op heter daad betrap en in hegtenis geneem by skagte wat langs die skag is waar hul beweerde medepligtige Dinsdag dood gevind is deur mynveiligheidsbeamptes. Daar het na bewering grond en rotse op hom geval terwyl hy met onwettige mynaktiwiteite besig was.

Daar is tydens die drie mans se inhegtenisneming op ʼn masjiengraaf, edelmetale ter waarde van meer as R400 000 en ʼn Mercedes-Benz ML 350 AMG wat aan die verdagtes behoort, beslag gelê.

Die verdagtes sal na verwagting in die Mecklenburg-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met onwettige mynbedrywighede, die onwettige besit van edelmetale en regsverydeling.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Daar is op ‘n LOOPGRAAF beslag gelê ?????!!!!

Nico Strydom ·

Dagsê Frikkie Geld en huis
Dankie vir jou kommentaar en jammer vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Vriendelike groete
Maroela Media

Karlahari ·

Jy het n JCB laaigraaf nodig om ‘n loopgraaf te grawe……
Of is die ‘n “rygraaf”………

Nico Strydom ·

Dagsê Karlahari
Dankie vir jou kommentaar en jammer vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Vriendelike groete
Maroela Media

DA BO ·

Die manne het al heelwat gedelf, het al goeie toerusting aangeskaf.

Gert van Wierdapark ·

Tog so jammer dat die gereg sy gang moet gaan, want die skuldiges gaan soos ‘n boemerang maar weer “toeslaan”!?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.