Drie persone is Donderdag deur die Valke se eenheid, wat ernstige korrupsie ondersoek, in hegtenis geneem in verband met vervalste padwaardigheidsertifikate.
Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê die drie persone is Woensdag met behulp van die departement van vervoer en openbare werke in die Wes-Kaap in hegtenis geneem.
“Die drie persone, tussen 31 en 41 jaar oud, is in hegtenis geneem ná die span toegeslaan het op Grabouw tydens ʼn misdaadbekampingsveldtog op soek na onpadwaardige voertuie,” het Nkwalase verduidelik. Hy het gesê die padwaardigheidsertifikate van drie voertuie is opgeskort nadat dié voertuie nie in Maart aan die verpligte padwaardigheidstoetse van die provinsiale verkeersdepartement voldoen het nie.
“Die voertuie is nie padwaardig nie en nie geskik om op openbare paaie te ry totdat al die foute herstel is nie. Ondanks die opskorting is daar vervalste padwaardigheidsertifikate vir die drie voertuie uitgereik.”
Die drie persone sal na verwagting in die Bellville-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog. “Nog inhegtenisnemings kan nie uitgesluit word nie.”
Begin sommer by die taxis ASB
Man dit help net mooi niks. Menigte motor handelaars se motors sien nie eers die padwaardigheids sentrums nie. Hulle het vriende daar stuur gou die registrasie papier , motor se padwaardigheid sertifikaat word gegee en daar gaan jy. Ek koop baie voertuie en glo my dan gaan haal ek hom dan werk n lig nie of daar is n gladde band of n olie lek maar hy kom nou net van die toets af. Weet selfs van n handelaar wat jou n paar rand ekstra vra dan gee jy net die papiere jou kar kan maar vrot op blokke staan hy sit hom deur die toets.
Wat ek graag wil weet is: wat word van kopers wat sit met vervalsde padwaardigheidsertifikate verskaf deur verkoper? Wat is jou regte?