Drie vas oor perlemoen van R3,8 miljoen

Argieffoto

Argieffoto

Perlemoen met ʼn geskatte straatwaarde van sowat R3,8 miljoen is Donderdag tydens ʼn klopjag by  ʼn plaas in Philadelphia, noord van Kaapstad, gevind.

Kol. Tembinkosi Kinana het gesê drie Zimbabwiërs en ʼn man van Mosambiek is in hegtenis geneem nadat die polisie op ʼn wenk reageer het dat perlemoen daar gesmokkel word.

“Die polisie het ʼn stoorkamer op die plaas deursoek en drie kamers opgespoor waar perlemoen uitgedroog is,” het Kinana gesê.

Die polisie het beslag gelê op nagenoeg 36 340 perlemoen van ongeveer 2,7 ton.

Die polisie het ook beslag gelê op toerusting waarmee perlemoen verwerk en uitgedroog word.

Die mans, tussen 26 en 37 jaar oud, moet binnekort in die Atlantis-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.