Drie vas oor plan om boer te vermoor

Argieffoto

Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle glo saamgesweer het om ʼn boer van die Noord-Kaap te vermoor.

Ashwin Roberts (20), Errol Koopman (25) en Jerimie Casper (30) is op 13 Januarie in hegtenis geneem nadat dit aan die lig gekom het dat hulle glo beplan het om ʼn boer van die Strydenburg-area te vermoor.

Volgens kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het die drie verdagtes op 24 Januarie in die Strydenburg-landdroshof verskyn waar hulle borgtog geweier is. Die saak is tot 7 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek. Een van die verdagtes word tans ook in ʼn ander saak verhoor terwyl die ander twee vorige veroordelings het. Meer besonderhede in dié verband was nie onmiddellik bekend nie.

Nkwalase het gesê volgens die inligting tot hul beskikking was die moord veronderstel om op 7 Januarie uitgevoer te word. “Verdere ondersoek sal vasstel hoekom dit nie plaasgevind het nie.” Die Valke het inligting oor die beweerde sameswering ontvang en die verdagtes in hegtenis geneem.

Volgens Nkwalase is die motief vir die beweerde sameswering om moord te pleeg nog nie bekend nie. Nkwalase het gesê hulle kan in die stadium nie die moontlikheid uitsluit dat nog verdagtes in hegtenis geneem kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alida ·

Hoe lyk dan nou of die Valke al die werk doen en die SAPD niks. Is ek reg of verkeerd?

Ronell ·

Alida die valke is deel van die SA Polisie. Dus is die polisie besig om die werk te doen.

Hanna ·

Die “motief” is haat. Finish en klaar. Bleddie gemorste!

fantabulous ·

Alida kom ek help jou gou reg. Die SAPD doen basies al die “grond werk” en dit is hulle beriggewers wat die inligting deurgee. Sekere sake word by die SAPD se speurtak verder ondersoek te word en sekere sake word van die SAPD af gevat en vir die Valke gegee vir verdere ondersoek. Veral hoe profiel sake soos in die geval ” plaas aanval”. Dankie aan die beriggewers wat die inligting deurgegee het en sodoende die Boer se lewe gespaar het. Dankie aan die SAPD uniform tak en speurders wat duidelik baie ure ingesit het om die inligting te bekom. Wat na al hul harde werk nie “erkenning” kry nie en die “Valke” kry die eer. Gee die mense wat van hulp was ook hul erkenning asb. Waar dink julle kom die Valke se inligting vandaan ? Die SAPD en Informante ! Wel gedaan hoop die aangeklaagdes word vervolg….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.