Drie vas oor plofstof, vuurwapen

Die plofstof waarop beslag gelê is. foto: SAPD

Die plofstof waarop beslag gelê is. foto: SAPD

Drie mans sal binnekort in die Vryburg-landdroshof in Noordwes verskyn vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en plofstof.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van de polisie, het gesê lede van die taktiesereaksie-eenheid het Saterdag ʼn wenk ontvang oor ʼn motor met drie verdagte insittendes. Die beamptes het die motor op die N18 sowat 10km buite Stella gevind en die bestuurder beveel om af te trek. Volgens Mokgwabone was die motor van Mahikeng na Kuruman onderweg.

Die motor is deursoek en die beamptes het op ʼn vuurwapen en “buise plofbare jel” beslag gelê. Voorlopige ondersoek dui daarop dat die vuurwapen in 1987 in Vryheid, KwaZulu-Natal, as vermis aangemeld is.

Drie mans, onderskeidelik 32, 34 en 43 jaar oud, is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn. Lt.genl. Baile Motswenyane, polisiekommissaris in Noordwes, het die polisie geloof vir die vinnige reaksie en inhegtenisneming van die verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

GES ·

Die verkiesing kom nader en die geldvlakke is laag. Dit verklaar die onwettige besit van plofstof.

Swanna ·

Lyk amper of daardie plofstof moontlik in myne gebruik word. Dalk werk hierdie manne by een of ander myn en dit daar gegaaps het of op die swart mark onvang het. Wonder net wat wou hulle met dit gaan doen het? Seker weer ‘n kitsbank gaan opblaas het.

Shannon ·

Al die onwettige plofstof kom bykans sonder uitsondering vanaf die myne en plekke soos Triomf. En glo dit of nie, baie daarvan is deur blanke plofstof tegnikuste verduister en verkoop net soos wat baie van die aanvankilke transito / ATM roof togte ook deur blanke ex-weermag individue (en hulle swart ondergeskiktes) gefasiliteer was.

Jan maak n Plan ·

Iemand by Maroela het nou weer dit Aardrykskunde aan die stert beet. Daar is nie ‘n pad tussen Kuruman en Mahikeng nie. Dis Kuruman, dan Vryburg, dan Stella, dan Setlagoli en dan eers Mahikeng. Ons praat hier van ‘n goeie 350km. Nou waar was die voertuig afgetrek????

Nico Strydom ·

Dagsê Jan maak ‘n Plan

Die berig is gewysig om dit duideliker te maak. Dankie vir jou terugvoer.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Shannon ·

Jan as jy saam met my ry van Kuruman se Wimpy Bar tot by die ander een sin dan voel hulle niks meer as 52 kms uitmekaar nie.

vermeende ·

Die ongeregtigheid in die land begin by die media.
Wie onthou die wapen arsenaal van Willem Ratte die “regse” Die windbukse en 5000 pellet petrone.

Die media kon meer inoverend gewees het met die opskrif……
DRIE AGTERGEBLEWENES IN HEGTENIS GENEEM WAT N VERMEENDE REGTELLINDE ONTREKING WOU MAAK!!

Water die berig af SA media.

Johan ·

Dit was ‘n bekende ANC metode om finansiering te bekom in die 1990’s.
Shannon het g’n idee hoe werk die mynbedryf nie. Onkundig verby.
Die meerderheid myners is swart vandag met springstofwette wat heeltemal verwater is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.