Drie vas oor plofstof

handcuffsDrie mans is Woensdag by die Beitbrug-grenspos in hegtenis geneem nadat daar onwettige plofstof in hulle besit gevind is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes wou glo die plofstof van Suid-Afrika na Zimbabwe smokkel. “Polisiebeamptes by die grenspos het inligting opgevolg oor ʼn voertuig wat moontlik plofstof vervoer.”

Otto sê die polisiebeamptes het die motor deursoek en onder andere op vyf slagdoppies beslag gelê. Sy sê die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Musina-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van onwettige plofstof. “Ons ondersoek ook die moontlikheid dat hulle betrokke was by ʼn misdaad in die land voor hulle wou terugkeer na Zimbabwe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.