Drie vas oor R1 miljoen se dwelms  

Foto: SAPD

Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat daar op dwelms ter waarde van R1 miljoen in ʼn woonstel in Bloemfontein in die Vrystaat afgekom is.

Multidissiplinêre misdaadvoorkoming- en wetstoepassingoperasies wat uitgevoer is as deel van Bheki Cele, minister van polisie, se besoek aan die Vrystaat het positiewe resultate opgelewer met ʼn aantal verdagtes wat in hegtenis geneem is.

Volgens kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, is ʼn totaal van 325 verdagtes in hegtenis geneem op aanklag van onder meer verkragting, veediefstal, huisbraak, moord, seksuele aanranding en die besit van dwelms.

Lede van Welkom se honde-eenheid het tydens operasies in Bloemfontein ʼn verdagte swart Audi A3 gewaar en dit van die pad af getrek. Die motor is deursoek en daar is op dwelms afgekom. Beamptes het die bestuurder van die motor versoek om hulle na sy blyplek te vat. Die woonstel is deursoek en daar is in ʼn kas op ʼn groot hoeveelheid dwelms, insluitend Cat en tik, afgekom.

Twee mans, 40 en 38 jaar oud, en ʼn 27-jarige vrou is in hegtenis geneem en van dwelmhandel aangekla.

Al die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.