Twee mans en ‘n vrou is in Sinoville, noord van Pretoria, in hegtenis geneem vir dwelmhandel.
Kapt. Paul Ramaloka, woordvoerder van die Valke, sê ‘n 26-jarige Suid-Afrikaanse vrou, ‘n 49-jarige Nigeriër en ‘n 28-jarige man van Ghana is in hegtenis geneem.
Ramaloko sê die Valke het ‘n wenk ontvang waarna hulle die drie se motor van die pad af getrek het. “Daar is op 11kg se heroïene ter waarde van meer as R10 miljoen sowel as ‘n aansienlike bedrag kontant beslag gelê nadat hulle motor deursoek is.”
Ramaloko sê daar is ook ‘n gesteelde voertuig en nog kontant by die drie se woonplek gevind. Hy sê die drie het glo met dwelms gehandel tussen Pretoria en Johannesburg. Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Pretoria-landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Sluit toe, en voer die smouse hulle eie gemors, totdat wat moet gebeur, gebeur.
Die Negeriane is die dwelm mafia van Suid Afrika…my vraag is? As hulle die land binne kom, is dit op ‘n besoek en met ‘n retoer kaartjie, want korrek moet dit wys in die rekenaar as persone nie vertrek op die retoer kaartjie datum nie…en moet Immegrasie dit opvolg by die adres soos verstrek. Persone van Europa moet ‘n adres aangee/hotel waar hulle bly tot vertrek en ook as dit by mense is die volle name en adres van die persone, aangesien in geval van siekte kan die Staat nie ook die koste dra van ‘n buitelander nie. Maar blykbaar… Lees meer »