Drie vas oor R10 m se heroïene

4605-748102Twee mans en ‘n vrou is in Sinoville, noord van Pretoria, in hegtenis geneem vir dwelmhandel.

Kapt. Paul Ramaloka, woordvoerder van die Valke, sê ‘n 26-jarige Suid-Afrikaanse vrou, ‘n 49-jarige Nigeriër en ‘n 28-jarige man van Ghana is in hegtenis geneem.

Ramaloko sê die Valke het ‘n wenk ontvang waarna hulle die drie se motor van die pad af getrek het. “Daar is op 11kg se heroïene ter waarde van meer as R10 miljoen sowel as ‘n aansienlike bedrag kontant beslag gelê nadat hulle motor deursoek is.”

Ramaloko sê daar is ook ‘n gesteelde voertuig en nog kontant by die drie se woonplek gevind. Hy sê die drie het glo met dwelms gehandel tussen Pretoria en Johannesburg. Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter Says ·

Sluit toe, en voer die smouse hulle eie gemors, totdat wat moet gebeur, gebeur.

anita ·

Die Negeriane is die dwelm mafia van Suid Afrika…my vraag is? As hulle die land binne kom, is dit op ‘n besoek en met ‘n retoer kaartjie, want korrek moet dit wys in die rekenaar as persone nie vertrek op die retoer kaartjie datum nie…en moet Immegrasie dit opvolg by die adres soos verstrek.

Persone van Europa moet ‘n adres aangee/hotel waar hulle bly tot vertrek en ook as dit by mense is die volle name en adres van die persone, aangesien in geval van siekte kan die Staat nie ook die koste dra van ‘n buitelander nie. Maar blykbaar is die buurlande nie aangewese op hierdie wette van die land nie.
Wanneer ‘n Europese persoon na SA emigreer moet daar meer as Een miljoen Rand binne gebring word, ‘eiendom aan gekoop word, en enige besigheid deur die persoon MOET werk verskaf aan ‘n aantal Suid Afrikaners., die Nigeriane kom net gewoonweg binne.

Die Nigeriane huur woonstelle, of huise , maar wanneer enige persoon ‘n huis huur moet ‘n werk aangedui word ? wat is dan op die huur papiere?

Indien iemand ‘n Bank rekening oop maak, moet daar fisies bewys gelewer word van /Elektriesiteit rekening/Telefoon/huurkontrak…hoe kom hulle dan weg met al hierdie vereistes.

Hierdie mense moet gerepatrieer word met ‘n vinger afdruk op die rekenaar sodat die kans om onder ‘n ander naam terug te keer nie moontlik is nie.

Hulle versprei die dwels, en is besig om ons jeug te vernietig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.