Drie mans is vasgetrek nadat daar glo dwelms ter waarde van ongeveer R104 miljoen in hul besit gevind is.
Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê beamptes van Richardsbaai se eenheid vir georganiseerde misdaad asook lede van misdaadintelligensie in Empangeni en Pretoria het Maandag die drie mans vasgetrek.
“Die lede van Pretoria het inligting ingewin oor ʼn voertuig wat Suid-Afrika by die Kosibaai-grenspos met dwelms sou binnekom. Die taakspan is onmiddellik in kennis gestel en die voertuig is voorgekeer en na ʼn nabygeleë polisiestasie geneem om dit behoorlik te deursoek,” het Netshiunda gesê.
Talle sakke met dwelms wat glo in Mosambiek opgelaai is, is in ʼn weggesteekte kompartement onder die motor gevind. ʼn 27-jarige man is onmiddellik in hegtenis geneem.
“Ná verdere ondersoek is twee buitelanders, onderskeidelik 24 en 29 jaar oud, in hegtenis geneem. Daar is ook beslag gelê op R50 000 in kontant,” het Netshiunda gesê.
Die twee buitelanders sal Woensdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn waarna hul saak na die Emanguzi-landdroshof oorgeplaas sal word en hulle saam met die ander verdagte op 15 Junie sal verskyn.
Fantastiese nuus . Hoop daai drie sit lewenslank
Moontlik is ek nie behoorlik by nie. Wat gebeur met hierdie dwemsmokkelaars? Men hoor baie selde of self nooit dat hul in howe tereg staan en van vonnisoplegging.??
Knap gedaan, die Valke! Ek raai aan dat daardie ouens nie eens verhoor word nie, stop hulle in ‘n sel en voer hulle drie of vier keer per dag ‘n goot dosis van hul eie dwelms sodat hulle kan sien en voel wat gebeur as ons jeug dit misbruik. Hou somemr aan met die voerdery tot hulle die emmer skop! Hoesdaai vir ‘n mooi naam vir “doodstraf” wat dan nou hier verbied word.
Hierdie storie lees nes daai “wapen opslagplek” berigte – dan blyk dit oorlede oupie se haelgeweer en drie nul drie te wees met ‘n windbuks. Daar word nie gemeld waste “drugs” dit is nie. Is dit Dagga of Nyope of …. .
Buitelanders kom verryk hulle in SA en onskuldige kinders lui daar onder regering sal moet iets doen
Ons wil sien hoe daardie sakke aan die brand gesteek word. Wat word daarvan? Gevat en weer verkoop? Brand dit daar en dan sodat mens weet dit is vernietig. Hoor net nooit weer iets daarvan nie.
wat maak sapd met due gekonfusjeerde dwelms, perlemoen, renosterhirng en so voort?
Mmmmm goeie vraag ….. ek dink hul hou dit vir hulself en verkoop dit later (natuurlik onder die tafel deur)
Dit sou goed gewees het om die saak te volg tot by die hoofkoppe. Die strawwe vir gebruikers is te lig. As daar nie ‘n mark is nie , sal dit nie vervaardig word nie.
Ai Ai wat moet ek nou snuif.
Hahahaha grapgat …….. jou kouse ……. hahahaha
Is daar iemand wat kan vasstel wat word van daardie dwelms. Ons wil dit sien brand !!!!!!!