
Foto ter illustrasie: Pixabay.com
Drie verdagtes is in KwaZulu-Natal vrygelaat op borgtog van R2 000 nadat hulle in hegtenis geneem is vir die beweerde verduistering van minstens R78 miljoen.
Pamela Pillay (62), ʼn kleinhandelbestuurder, en die prokureurs Rodney Reddy (51) en Pravin Rajadene (55) het na bewering in 2014 saamgesweer om bedrog met ʼn oorledene se boedel te pleeg nadat sy dit aan haar werknemer bemaak het, sê kapt. Simphiwe Mhlongo
Die oorledene was ʼn bejaarde, oorspronklik van Duitsland, wat saam met haar werknemer in haar huis in Durban-Noord gewoon het. Sy het hom in haar testament as haar enigste erfgenaam aangewys.
Nadat sy dood is, het die werknemer na een van die bure gegaan om hulp te vra en raad oor hoe om die administrasie en afhandeling van die oorledene se sake te behartig, sê Mhlongo.
Die bure het hom na bewering ʼn paar duisend rand in die hand gestop en glo aangesê om terug te keer na sy kleinhoewe terwyl hulle aangebied het om namens hom met die proses te begin. By sy terugkeer het hy opgemerk dat die drie verdagtes na bewering die oorledene se handtekening op die testament verander het en hulself as die begunstigdes aangedui het.
Mhlongo sê van die oorledene se naasbestaandes het van haar dood te hore gekom en dat haar boedel glo gesteel is. ʼn Klag van bedrog is by die polisie van Durban-Noord aanhangig gemaak. Dis in 2016 oorgedra na die Valke vir verdere ondersoek.
Hul ondersoek het die afgelope week uitgeloop op die inhegtenisneming van die drie verdagtes. Hulle het onmiddellik in Durban se handelshof voorgekom waar hulle borgtog toegestaan is. Die staat het nogtans ʼn bewaringsbevel teen die drie gekry.
Pillay, Reddy en Rajadene kom weer op 4 Februarie 2019 voor terwyl die ondersoek intussen voortduur.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
15 Kommentare
R 78 miljoen en op borg van net R2000-00 wat se geknoei is dit ?
Waaat ? Is daar geen keer aan die verval in die land nie ? Die onreg stelsel is ‘n siek spul !
….daar was n mannetjie wat 15-jaar tronkstraf opgelê was, en diè speel nou golf.
Jy sien, die borg is so laag, want die magistraat gaan vir hulle sê, gee vir my R200 000 en ek sal na julle saak met skeel oë kyk. Sou ons slaag kan julle vir my nog R300 000 gee. Saak afgehandel.
Daarom is die borg net R2 000.
ja ek stem saam hulle lewe in luukses om 5 jaar na die misdryf gearresteer te word en betaal n belaglike 2000 rand borg niks maak sin