Drie mans is in Kuilsrivier buite Kaapstad in hegtenis geneem nadat ʼn renosterhoring, ivoor en ʼn leeutand in hul besit gevind is.
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van die sigbare polisiëringseenheid was Dinsdagmiddag besig met patrollie by die Zevenwacht-winkelsentrum in Kuilsrivier toe hulle ʼn verdagte motor met getinte ruite voorgekeer het.
Die polisiebeamptes het die motor deursoek en een renosterhoring, drie balle ivoor en een leeutand gevind. Die drie insittendes, onderskeidelik 27, 32 en 58 jaar oud, is in hegtenis geneem.
“Een van die drie mans is ʼn buitelandse burger van Zambië en die ander twee is burgers van die Demokratiese Republiek van die Kongo. Al drie word tans by die Kuilsrivier-polisiekantoor aangehou,” het Van Wyk gesê.
Die drie mans sal vandag in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn. Die saak word deur die polisie se eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
Stuur terug na hulle eie land en patroleer die grense. Toe ons troepies nog op die grense ontplooi was,het dit ni gebeur ni. Daar is niks meer oor in hulle eie land om te steel ni. Kyk ook hoe lyk ons vis bronne en ons riviere kaal geplunder. Baie erg.
In Swaziland is daar doodstraf vir dié wat renosters doodmaak. Daar word feitlik geen renoster doodgemaak nie. ‘n Bewys daar doodstraf wel ‘n positiewe uitwerking het.
Wil net weet…is hierdie uit landers wettiglik in ons land. Is hulle papierwerk in order….indien nie….hoe het hulle hier gekom. N gevaar vir MENS EN DIER
Doodstraf! Doodstraf doodstraf….Kom asb. Terug