Drie vas oor renosterhoring, ivoor en leeutand

Argieffoto

Argieffoto van ‘n renosterhoring.

Drie mans is in Kuilsrivier buite Kaapstad in hegtenis geneem nadat ʼn renosterhoring, ivoor en ʼn leeutand in hul besit gevind is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van die sigbare polisiëringseenheid was Dinsdagmiddag besig met patrollie by die Zevenwacht-winkelsentrum in Kuilsrivier toe hulle ʼn verdagte motor met getinte ruite voorgekeer het.

Die polisiebeamptes het die motor deursoek en een renosterhoring, drie balle ivoor en een leeutand gevind. Die drie insittendes, onderskeidelik 27, 32 en 58 jaar oud, is in hegtenis geneem.

“Een van die drie mans is ʼn buitelandse burger van Zambië en die ander twee is burgers van die Demokratiese Republiek van die Kongo. Al drie word tans by die Kuilsrivier-polisiekantoor aangehou,” het Van Wyk gesê.

Die drie mans sal vandag in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn. Die saak word deur die polisie se eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mr P ·

Stuur terug na hulle eie land en patroleer die grense. Toe ons troepies nog op die grense ontplooi was,het dit ni gebeur ni. Daar is niks meer oor in hulle eie land om te steel ni. Kyk ook hoe lyk ons vis bronne en ons riviere kaal geplunder. Baie erg.

De Villiers ·

In Swaziland is daar doodstraf vir dié wat renosters doodmaak. Daar word feitlik geen renoster doodgemaak nie. ‘n Bewys daar doodstraf wel ‘n positiewe uitwerking het.

Netekke ·

Swaziland is nog ordentlik en die mense wetsgehoorsame burgers. Ons het meer as 10 jaar daar gebly agv my man se werk. Wens ons was nog daar, baie veilig en great mense.

Erika ·

Wil net weet…is hierdie uit landers wettiglik in ons land. Is hulle papierwerk in order….indien nie….hoe het hulle hier gekom. N gevaar vir MENS EN DIER

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.