Drie vas oor renosterhorings in kattebak

Argieffoto Foto: Andrew Taylor, ScienceLine

Argieffoto Foto: Andrew Taylor, ScienceLine

Drie verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van die onwettige besit van renosterhorings.

Kol. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes, onderskeidelik 30, 31 en 34  jaar oud, is Saterdag naby die Total-vulstasie in Elandsrand in Brits deur die polisie se taktiesereaksie-eenheid in hegtenis geneem. Die eenheid het ʼn wenk ontvang dat een van die verdagtes, ʼn Mosambieker, in besit van renosterhorings is.

“Die verdagtes se motor, ʼn wit Mercedes Benz, is in Elandsrand opgespoor en van die pad af getrek om deursoek te word,” het Mokgwabone gesê. “Vier stukke renosterhoring is in die motor se kattebak gevind, waarna die drie verdagtes in hegtenis geneem is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vissie ·

‘n Stewige klop op die skouers van die vastrekkers. Dis allervreesliks hoe die natuur nou in ons land geskend word, en dit alles ter wille van geld. Sluit daardie drie in ‘n kamp saam met ‘n paar renosters op, renosters mét horings wat baie lus voel om ‘n paar skelms te gaffel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.