Drie vas oor renosterstropery

Foto verskaf deur SAPD Limpopo

Drie verdagtes, tussen 31 en 37 jaar oud, is Woensdag in Limpopo in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die persone is op verskillende plekke aangekeer tydens ʼn gesamentlike operasie tussen verskeie polisie-eenhede, privaat veiligheidsmaatskappye en boere in Rankin’s Pas buite Modimolle (Nylstroom) en Vaalwater buite Lephalale (Ellisras).

“Die inhegtenisnemings volg ná ʼn voorval op ʼn plaas in die Rankin’s Pas-omgewing buite Modimolle waar ʼn renoster doodgeskiet is deur vermeende stropers en twee horings verwyder is,” het Ngoepe gesê.

“Die polisie is dadelik in kennis gestel en het dadelik reageer met die ondersteuning van hierdie belanghebbendes. Spore van die stropers is agtervolg met behulp van die boer se helikopter totdat drie verdagtes onderskeidelik in Rankin’s Pas en Vaalwater aangekeer is. Nog twee verdagtes is voortvlugtig, maar hulle is reeds geïdentifiseer en die soektog duur voort.”

Beamptes het tydens die inhegtenisneming beslag gelê op ʼn voertuig, twee renosterhorings, ʼn jaggeweer, agt patrone en ʼn byl.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die landdroshowe in Vaalwater en Modimolle verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

GEEN BORGTOG vir die diere-moordenaars!!! Flippen gewetenlose uitvaagsels!!!

Johannes fourie ·

Geen versagting vir hulle wie so wreedaardig optree teen diere nie

Stiks ·

Hulle moet asb nie met handskoentjies hanteer word nie. Sluit lewenslank toe!!!

Christo Engelbrecht ·

Ek het nie n byl nie maar het n yster saag en ek sal my tyd vat om hulle horings te sny.

DI ·

Dit is tipes die VERWOESTERS van hierdie wêreld! Hulle soort verwoes als wat voorkom. Het nog nooi iets opgebou in hierdie lewe. Die straf wat hulle kry is hopeloos te LIG dis hoekom dit nie ophou nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.