Drie vas oor renosterstropery

Foto: SAPD

Drie persone is in Hluhluwe, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem in verband met renosterstropery nadat die polisie op ʼn wenk reageer het.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het Vrydagaand omstreeks 20:00 reageer op ʼn wenk en ʼn wit Toyota-dubbelkajuitbakkie in die Mganwini-gebied gesien.

“Die beamptes het die voertuig voorgekeer en dit deursoek. Hulle het beslag gelê op ʼn jaggeweer, knaldemper, ammunisie en ʼn byl,” het Mogale verduidelik. “Die 44-jarige bestuurder van die voertuig en sy twee passasiers, onderskeidelik 24 en 28 jaar oud, is in hegtenis geneem.”

Die drie verdagtes sal Maandag in die Hluhluwe-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.