Drie vas oor rooftog en aanval op polisiebeampte

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn vrouepolisiebeampte en ’n winkel in die Wes-Kaap beroof het.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisievrou het Vrydag omstreeks 21:00 na ʼn winkel in Goodwood geloop. “Sy is glo deur drie verdagtes genader wat haar van haar amptelike vuurwapen en trouring beroof het.”

Die verdagtes het glo hierna ʼn winkel beroof en van die toneel gevlug. Die verdagtes, onderskeidelik 23, 24 en 29 jaar, is egter kort hierna in hegtenis geneem. Volgens Rwexana is van die gesteelde goedere in hul besit gevind, maar die polisiebeampte se amptelike vuurwapen nog nie opgespoor nie.

Die verdagtes sal binnekort in die Goodwood-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dee ·

AHH, bedoel jy dat aiie goeie burgers leiding moet verskaf onder die vuurwapenwette?

HEVW ·

Waarom geskok oor die toename van moorde op polisiebeamptes. As weerlose kon sy nie haar vuurwapen beskerm nie en nog minder dit self hanteer.

Fanie ·

Ons almal is nou “sagte teikens”. Niemand is bestand teen ‘n krimineel/e nie.

Pieter dp ·

Kan mense minder gal braak. Hulle sal hul self nie kan teen staan teen soo n tiepe aanval nie . Om drie aanvalers teen te staan as jy dit nie verwag nie is on moontlik behalwe as jy soeperman is. Dis moet nie die vrou blameer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.