Drie vas oor rooftogte

handcuffs3-320x257Drie mans is in hegtenis geneem in verband met ʼn string rooftogte by sakeondernemings in Sydenham in Durban, KwaZulu-Natal.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die drie verdagtes is deur lede van Inanda se misdaadintelligensie- en honde-eenheid in hegtenis geneem. “Die verdagtes het die sakegemeenskap van Sydenham verlede jaar begin teister. Hulle het glo ondernemings binnegegaan en personeel en kliënte met vuurwapens gedreig en van hul besittings beroof.”

Zwane sê die verdagtes, tussen 20 en 29 jaar oud, word aan 11 rooftogte verbind. Hy sê die polisie ondersoek die moontlikheid dat hulle aan nog rooftogte verbind kan word. Die verdagtes sal Maandag in die Durban-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.