Drie vas oor standbeeld-brand

OR Tambo Foto: ortambodm.gov.za

OR Tambo Foto: ortambodm.gov.za

Drie mense is in hegtenis geneem nadat ANC-strydros Oliver Tambo se standbeeld by die erfenisterrein in Bizana in die Oos-Kaap aan die brand gesteek is.

“Die taakspan wat die voorval van vandalisme by die OR Tambo Tuin van Herinnering ondersoek, het Vrydagaand die drie persone in hegtenis geneem,” het brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, Saterdag gesê.

Die drie persone sal na verwagting Maandag in die Mbizana-landdroshof verskyn op aanklag van brandstigting en ander verwante aanklagte.

Die standbeeld is Woensdag aan die brand gesteek.

Tambo, wat in Bizana gebore is, was een van die stigterslede van die ANC-jeugliga in 1944 en was die party se eerste nasionale sekretaris. Hy was later ook president van die ANC. Hy het in April 1993 ná ʼn beroerte gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Yolande Kruger ·

En wat word gedoen aan diegene wat met die voorstrekkers ens. standbeelde lol???? Vra maar net, alhoewel sekere mense deesdae mos nie kommentaar of vrae toegelaat word nie.

johannes ·

Yolande jy is reg met die vraag selfs gewone grafte word geskend

alet ·

Klaar mense inhegtenis geneem wat van die boer van Lydenburg wat geskiet is het hulle al sy aanvallers gekry nee hulle soek nog .Sulke skiet voorvalle geniet ook onmiddelike aandag dit sal eers oor n jaar of so neem. Voordat daar gesoek sal word as hulle ooit gekry gaan word.Wat is n standbeeld niks besonders nie

Grassie ·

Ek wonder net hoe steek ‘n mens ‘n standbeeld aan die brand. Dit is tog sekerlik van metaal gemaak.

Koos ·

Die standbeeld vandaliste kry ‘n taakspan wat dit ondersoek. Ons moet met die polisie tevrede wees.

anita ·

Eerstens kan die standbeeld nie brand nie, dit is gegiet of was dit van papier.?
waarom so ‘n bohaai? standbeelde van die vorige regering ondanks apartheid word summier weggehaal
geskiedenis moet ook die bewaring van die loop van die tye aandui, dus waarom hierdie bohaai?

As die standbeeld omgeruk was en vernietig dan kan ek dit verstaan…maar die standbeeld kan nie brand nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.