Drie vas oor vermiste Philippi-vrou se motor

Meghan Cremer

Drie verdagtes is vroeg vandeesweek in hegtenis geneem nadat die vermiste Meghan Cremer (30) van Philippi se motor in hul besit gevind is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Cremer se wit Toyota Auris is Maandag in Grassy Park opgespoor waarna drie mans in hegtenis geneem is.

Daar is egter nog geen spoor van Cremer nie.

Cremer het Saterdag spoorloos verdwyn nadat sy haar huis in Philippi verlaat het. Sy woon in ʼn kothuis by die Vaderlandsche Rietvlei-stalle en is omstreeks 18:00 Saterdag in haar Toyota Auris daar weg.

Volgens Van Wyk sal die verdagtes in die Athlone-landdroshof verskyn sodra hulle aangekla word vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Die polisie volg tans alle leidrade op om vas te stel of die mans met Cremer se verdwyning verbind kan word.

Die soektog na Cremer duur voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Koos de Meyer. ·

As hulle haar motor het dan moet jy wonder. Sit 2en2 by mekaar.

AmY ·

Ek hoop werklik hulle spoor haar op, en dat sy nog lewe, maar die kans is nie goed nie.

Jolanda ·

Jitte tog, kry ‘n nare gevoel hieroor. Ek vermoed sy was gekaap/beroof alvorens sy by haar bestemming uitgekom het…

Hoop en vertrou dat sy ongedeerd gevind sal word. Sterkte aan die bekommerde familie en vriende.

K ·

Die gaan ongelukkig dieselfde uitdraai as die meisie van Stellenbosch. Ek hoop nie so nie, maar dis bitter min dat hul net die kar vat en niks doen aan n vrou nie.

Willie ·

Dis so onnodig! Ons land is siek verby.. jy moet elke dag bid en dankie se, dat jy nog leef…

Abe ·

Mens voel so gefrustreerd: jy het die skurke maar jy kan nog niks daadwerklik doen nie. Watse leidrade soek hulle dan nog om hulle te verbind met die vrou? Verbind die voertuig hulle dan nie genoeg met die misdaad nie?

VanAfrika ·

n Mens word net al hoe kwater en kwater en al hoe meer magteloos.

Pray ·

Hol kol op my maag…..bid dat sy nog lewe……ai….Here, gryp in, asb?!

Abe ·

Renier en regtig,
Die outydse polisie het altyd gese, dan sing hulle soos kanaries.

Gerda ·

Ons bly in n wonderlikke land….net jammer hier is baie siek mense tussen ons.

Ek’t so gehoop die storie het n gelukkige einde.

Iens ·

Ek lees nou net op NetNuus haar lyk is gevind net buite Philippi… in n sandput of iets soortgelyks. Dis vir my ongelooflik hartseer
.. mag die Here haar geliefdes styf vashou.

Jakes ·

Dis jammer dat ons altyd in vrees moet leef in hierdie mooi land van ons met absoluut geen ondersteuning deur die regering om misdaad daad werklik vas te vat nie. Elke dag, maand en jaar raak dinge net erger.

Hierdie storie van die jong meisie se verdwyning roer ons almal en het ons ‘n gevoel van hoop dat sy veilig is, maar soos ons die berigte nou lees wat deur kom in die media begin ons al hoe meer twyfel…

lizzi ·

Die realiteit is……. jy trek in die oggend die deur agter jou toe en jy weet nie of jy vanaand deur daardie deur terugstap nie…..watse land om in te leef.

Liezl ·

Hi Lizzie…ons is in hierdie land en as ons positief begin praat en doen, dan kan ons ‘n verskil maak. Ek weet dis moeilik, maar ons moet. Dis ons opdrag, want jy is waar jy moet wees. Maak ‘n verskil. Dit gaan dwarsdeur die wêreld so, die mensdom het meer en meer afvallig geword. Jammer om te sê, dit kom al vir eeue, dis nie net vandag nie. Sak neer op jou knieë en wees dankbaar. As jy ‘n ‘challenge’ in die gesig staar, pak hom aan. Verkieslik met die hulp van ons Vader. Seën vir ons almal en glo in lewe en hoop en kom ons glo ons vind haar lewend.

HPV ·

Liezl, positief praat en optree ja, maar mens moet versigtig wees om nie so positief te word dat jy lieg vir jouself en sodoende ‘n slagoffer word nie. Mens is ook nie waar mens MOET wees nie, jy het ‘n vrye keuse om te wees waar jy wil wees.

Liezl se suster ·

Ek stem Liezl
As ons net positief kan glo en lewe kan spreek. Die lewe is nie maklik of regverdig nie wie het ooit gese dit gaan so wees? Daar is oral in die wereld aaklige dinge gaan lees maar in die Bybel dit is voorspel. Gelukkig kan ek aanhou glo want ek kyk OP al is dit moeilik en ons verstaan nie als nie.

michelle ·

Jammer Liezl, maar dit gaan nie in elke land so. Ek is lief vir Suid Afrika, maar nee bly nie langer daar. Suid-Afrikaners besef nie onder watter onnatuurlike stres hulle daagliks lewe vir hulle veiligheid nie.

Renier ·

Plastiek sak oor die kop en dan sal hulle vinnig vertel waar is sy

Feite ·

Ek stem 100% saam! MAAR almal het mos hopeloos te veel REGTE in hierdie land.

Niklaas ·

Misdadigers in SA het net teveel regte (dis hoekom hul rustig swyg oor die arme meisie se lot), en hul kom te maklik weg na die daad gepleeg is en hul het min vrees vir die S A tronke wat vir sommige kriminele en ook haweloses klink na paradys oorde teen wat hul gewoond is. Ek hoop op ‘n goeie brokkie nuus wat die meisie betref , maar dis moeilik om optimisties te wees in hierdie land.

Se maar net ·

waar is die goeie ou dae – wurg dit uit hulle uit! dis so hartseer, vat wat julle wil maar los ons mense lewend! kyk hoe lank is dit al? wat is die kans maar God is goed ons hou aan hoop en bid vir haar veilige terugkeer

Hanlie ·

Dit laat ‘n mens so magteloos voel. As hulle haar motor het ………

Dis Nou ·

Net weer ‘n bewys, ons moet ons geliefdes daagliks koester en dankbaar wees vir mekaar. So maklik, so gou, kan dinge verander – dalk vir altyd

Grassie ·

Ek glo die wyse waarop menseregte in hierdie land toegepas word is totaal onaanvaarbaar. Menseregte is veronderstel om onskuldige mense se regte te beskerm maar dt is nie wat gebeur nie. In hierdie geval is daar twee partrye betrokke, naamlik ‘n onskuldige vroueslagoffer en dan drie “misdadigers” wat haar ontvoer het. Die vrou is moontlik nog lewend (hopelik) en miskien beseer en moet dringend gevind word. Die aanvallers mag nie gedwing word om te sê waar sy is nie want hulle het menseregte. Wie se regte weeg nou die swaarste – die misdadigers of die slagoffer? Kan die vrou nou maar tot niet gaan omdat die ontvoerders regte het? Die polisie se leuse is kamtig “Ons beskerm en ons dien.” Wie beskerm hulle?

Sommige mense sal weet waarvan ek praat. ‘n PPR-sak en ‘n spook en drie minute.
Geregtigheid van die onskuldige moet ten alle tye geskied Dit tel vir my baie meer as “menseregte” van die misdadiger.

Sam ·

Regte?! Wie het ‘n rég?

Ons het wette en ordes, voorskrifte en voorregte. Dis vandat elke Jan Rap en sy vyand regte het, dat alles tuimel.

Lizzy ·

Ai, so jammer, so ń pragtige kind, hoop, deur d Here se genade, sy word lewend gevind…………ons bid.

SuidkusTannie ·

My maag draai as ek net daaraan dink. Sy is so pragtige dingetjie. Ek bid dat sy veilig sal wees!

marais ·

Ek het nou net die storie ge-google, dit lyk nie asof die drie wat hulle gevang het met haar motor noodwendig dieselfde persone is wat haar oorrompel het nie. Haar kar was vroeer by ‘n padblokade gesien met een besteurder, maar die man is nie gearisteer nie, want sy was op daardie stadium nog nie as virmis aangegee nie.
Het ‘n slegte gevoel oor die een!!

Miss Rottenmeier ·

Ek hoop ook jy voel net so sleg oor jou gebrekkige spelvaardigheid.

thinus erasmus ·

Daar is nie meer sprake van menseregte in hierdie land nie – dit is vervang met “oortreder beregtiging en bevoordeling” en “uitstellende aksie” van geregtigheid en “korrektiewe vertroeteling” van oortreders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.