Drie vas oor vuurwapen, gesteelde kar

Drie mans is in Nyanga in hegtenis geneem in verband met 'n vermoedelik gesteelde motor en die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie (Foto: SAPD)

Drie mans is in Nyanga in hegtenis geneem in verband met ‘n vermoedelik gesteelde motor en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie (Foto: SAPD)

Drie mans is in Kaapstad in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op twee vuurwapens en twee gesteelde motors.

“Polisiebeamptes van die trio-misdaadeenheid het Saterdagaand tydens ʼn operasie in Nyanga ʼn verdagte wit VW Polo Playa opgemerk met drie manlike insittendes,” het lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. “Beamptes het die motoris voorgekeer en die motor is deursoek.”

Volgens Traut het die polisie beslag gelê op ʼn rewolwer en ses patrone. Daar is ook aan die motor se onderstelnommer gekarring.

Die drie verdagtes, almal in hul 20’s, is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ʼn vermoedelik gesteelde motor. Hulle sal na verwagting Dinsdag in die Athlone-landdroshof verskyn.

“Beamptes van dieselfde eenheid het Vrydagaand in Samora Machel [in Philippi] ook ʼn verdagte motor agternagesit en nadat die bestuurder van die motor stilgehou het, het al vier mans gevlug,” het Traut bygevoeg. “Verdere ondersoek het daarop gewys die Toyota Verso is vroeër die maand in Gugulethu gekaap. Die beamptes het beslag gelê op ʼn vuurwapen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

GES ·

Dit sal baie interessant wees om te weet hoe die verdagtes aan die onwettige vuurwapen kom. Is dit van die vuurwapens wat bestem is vir vernietiging?

of dalk net gesteel uit n kluis ·

Een van die eerste goed wat oopgebreuk is toe hul in my ouers se huis ingebreek het was die geweer kluis. So ja die gekonfiskeerde gewere is n opsie… maar kyk asb ma die kluise en gewere wat gesteel is tydens inbrake. Ek verseker julle my ouers is nie die enigste geval nie

Marous ·

Onderste wapen lyk soos Webley wat donkie jare terug deur Unie polisie gebruik was…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.